RSS

Gods rykste seun

Markus Jooste is by Versace. Hy laat sy oranje tronk oorpak in Milaan tailor. Iemand van sy portuur kan sweerlik nie in die standaard outfit rondloop nie!

Christo Wiese is besig om te tel wat Markus hom gekos en (want hy sal nooit erken dat sy helikopters en jets en die R15 mil in die tas by Heathrow…(I wish that wasn’t true)…is ‘n groot deel van Markus af nie.)

Dis die ouens wat stink ryk is. Biljoene. Wheeler en dealers. Jy koop iets by iemand anders (In Markus se geval meubels en matrasse) en verkoop dit aan iemand anders. In Wiese se geval Pep Stores t-shirts en Checkers meatballs in tomato sauce. 

My oupa was die stigter van Federale Volksbeleggings in die laat 50s. Hy was ‘n CA. Federale Volksbeleggings is soos die Broederbond BidVest. Myne, kunsmis, Naspers, Trust Bank….you get the picture…Large and in Charge.

Toe my oupa dood is in 1969 rond was hy op die raad van al daai groot Afrikaner maatskappye en seriously ryk. My ma is skool toe gery met ‘n drywer in ‘n Ford Galaxy.

Hy het ‘n hout strandhuis by Stilbaai gehad en ‘n 6 slaapkamer huis teen Tafelberg se hang in Tamboerskloof. Hy en my ouma was drie keer Europa toe. My ouma was 20 jaar bedleënd en kon nie sy geld spandeer nie. Toe sy dood is in 1993 het die 5 kinders elkeen R350.000 geerf. Dis die huis, cash, kar, juweliersware, portrette…

ALLES

En daar was nie diefstal of spandabelrigheid nie.

Dis wat ryk was in 1965.

PW Botha het R1.5 mil huis in Wildernis en Mercedes 230. Wragtag nie die leefstyl van ‘n korrupte diktator nie. 

Ford….nie Bentley of Rolls nie

Een huis, nie 5 nie

Een standaard strandhuis, nie R50 mil Clifton villas nie.

Geen perde nie

Geen vliegtuie nie

Geen helikopters nie
Want dis tyd om te erken….

Genoeg is genoeg

..en….

Mens kan STINK ryk wees.

Advertisements
 

Die woord het ‘n ander betekenis

Ek lees netnou iets. Totale gewone stuk met totale normale woord. Dit bevat die woord NARSIS. Gewone woord.

Maar hoe ouer jy word hoe meer woorde is nie meer net gewone woorde nie. Alles kry ‘n stertjie. ‘n Storietjie. ‘n Giggel. ‘n Hardop lag. ‘n Skietende hartpyn. ‘n Ver verlang.
Elke plek waar jy was, was jy saam met iemand. Of sonder iemand. Elke keer as jy daardie plek sien is daardie mens of groep ook daar. Of steeds nie daar nie.

Snerpend word ‘n kodeword wat net verstaan word deur die mense wat daar was toe Heinrich die Jannie grap vertel het. Niks sal ooit weer ‘normaal’ net snerpend kan wees nie.
Stanley sal nooit weer net handgereedskap wees na Theo sy ‘meneer’ Stanley genoem het nie. Stanley the powertool.
Kerkstraat is waar Phil verongeluk het op sy bike.
Onterf word ‘n verstaande term.
Tafelberg is waar tannie Let en Steph my met hulle staatspensioen opgevat het. ‘n 5 jarige seuntjie op haar skoot met haar hande om syne wat poskaarte vir ouma skryf.
Simonstad is waar tannie Steph my gevat het sodat ek in die trein kan ry. Clifton is waar ek en Hennie gaan boobs kyk het in 1991.
Bloedrivier is waar tannie Ena my en haar seuns gevat het na ons die berg by Majuba geklim het. Kort daarna kon ek nie meer hou op pad terug Bothaville toe nie …(maar dis ‘n storie vir ‘n ander dag).
Die tonnels op die trein by Montagu pas op.
Voortrekker Monument.
18 Brownlow weg. Bobby se kafee.
Stilbaai.
Voortrekkerhoogte
Eiffel Toring.
Koln katedraal
The Trustbank gebou in 1992
Tankwa
Kruger.
Akihabara Electric Town.
Sneeu by Ermelo.
Die treintjies by Moille Point.
Daai tackle op Ellispark. Daai drie op Loftus. Daai trip Bloemfontein toe. Ons soek 186 Andries Pretorius straat. Die hele aand lank…..sonder sukses. Ons praat nou nog daaroor.

Alles kry ‘n stert en elke pad kry ‘n storie. En later, soos jy ry, hoef jy nie meer die radio aan te sit nie, want jy het al soveel stories langs al die paaie dat jy jouself kan besig hou net met onthou. Lekker glimlag en lekker verlang. Partykeer, met die stories wat die moeilikste vertel, lekker huil.

 

Gesnyde toue

Ek kyk vanoggend deur Facebook. Ons lees mos deesdae EERSTE Facebook om te kyk of iemand gecroak het deur die nag. Daar hoor jy sommer om iemand iemand anders gebom het, gevloek het, bedrieg het, belieg het of gedump het. Facebook is soos CNN en Huisgenoot in een. (En Americas Funniest Home Videos) Factual en vinnig. Vinger op die pols van die samelewing.

Ek swipe vanoggend op my foon deur Facebook en daar is obviously mense wat ek follow. Goeie vriende, interesante mense soos Piet Croucamp (wat vir MY ‘n vriend request gestuur het…;)) en ny susters.
Piet het ander interesante vriende en hulle raak in bekgevegte betrokke. Dan sien jy sommer wat hulle ook doen. Een vriend word so 10, want jy sien sommer hulle posts ook. Dan click jy op mense wat jou intereseer en Facebook stalk hulle en leer oor hulle lewens.
Een word 10. 10 word 100.

Ek sien vanoggend een van Grethe se vriendinne se post. Of so het ek gedink. Dit was nie. Maar in die wereld van instant gratification scan ons in elk geval net vinnig. Mislees name, misinterpreteer betekenis, misvorm idees.
Grethe is vanoggend 4 maande dood. Dis nogal soos sy om fake likes na my Facebook profile te stuur om met my kop te smokkel.
Toe dink ek. Grethe is een van die barnacles op my boot. Sy sit vas, en allerhande goed en mense kom sit aan haar vas. Ons skip raak stadiger en stadiger, seil dieper maar beter. Die gejaag raak minder gejaag. Jy kan op die dek sit en Martinis drink want alles ruk nie so baie nie.
Nou is sy weg. En alles wat aan haar gegroei het is ook vir my weg.
Een word 9. 9 word 90…

 

Duikboot

Ek en Schliesing sit in die klas besig om Tom Clancy boeke te lees. Dis ons ding. Ons is altwee Supergeeks. Dis 1987. Hy lees Clear and Present Danger en ek lees The Hunt for Red October.

The Hunt for Red October gaan oor ‘n klomp duikbote wat mekaar jaag deur die kanale duisende meters diep tussen Noorweë en Ysland. Al klink dit bietjie koud is die storie is nogal warm.

In die movie oor die boek speel Sean Connery een van die hoofkarakters. Hy is die kaptein van die Russiese duikboot genaamd Red October.

Hy staan in ‘n kajuit met duisende liggies in ‘n magdom kleure. Goeters pieng-pieng-pieng sag in die agtergrond,  radarskerms draai monochrome groen, rooi gevaarliggies brand, swart knoppies, geel flitse….

Dit is my kamer. 2016.

Dis middernag.

In die gang van my duikboot brand ‘n dowwe naglig sodat my onder-offisiere hulle pad badkamer toe kan vind as hulle moet gaan piepie.
Teen die muur gloei die multi-plug se liggies oranje, om te wys die duikboot se elektrisiteitstelsel is in orde, en om te verseker al die ander liggies en piengers kry krag.
Die groen motion-detector liggie in die gang gaan onheilspellend af elke keer as ‘n onderoffisier durf om sy kwartiere of pos te verlaat. Gelukkig wys die klein blou liggie in die hoek dat die alarm nog werk.
My vrou is ‘n vroedvrou. Haar foon beep-beep deur die nag, asof ons ons eie sonar het.
‘Wat as een van die ander duikbote se offisiere se water breek!?’
Die tablet tiktik om te sê daar is ‘n update vir Subway Surfer vir een van die kinders. Die TV se sleep-mode liggie wys hy gebruik nou baie min krag. Die DSTV se wielietjie rol groen soos hy reboot. Battery Critically Low alarmpies vertel ons moet die chargers tussen die fone ruil en die rooi liggies op die ander foon laat brand.
Die branders breek vanaand rooigety. Die chlorophyl in die goggatjies gloei neon-groen met elke slag van die golf wat oor die strand ontplof. Agter hulle dryf ‘n paar calamari bote met hulle sprei-ligte voor my venster. In ‘n maanlose, donkermaan nag is dit amper dag.

Soos klokslag kom sit die (see?)duiwe eerstelig op die stoep. Hulle breek die alarm beams en dan het ons ons eie 04h30 oorverdowende duikbootalarm wat skree.

Ek moet seker nie kla nie. In 1987 het ek gewens ek kon in daai duikboot wees en die liggies kyk.

 
 

Van sit en staan kom niks gedaan

As jy gelukkig is kry jy ‘n vol en gelukkige lewe. Jy het meestal genoeg tyd.
Genoeg tyd om in die fleur van jou bestaan waarde toe te voeg, tot beide jou eie heil en die van ander. Nie genoeg tyd om te wag vir beter dae nie. 
Genoeg tyd om lief te hê en te koester. Genoeg tyd om lief gehê te word en gekoester te word. 
Nie genoeg tyd vir afguns en wraak nie. Nie genoeg tyd vir vendettas en verspeelde kanse nie. Daar is veral veels te min tyd om oor verspeelde kanse, verkeerde besluite en misplaaste drome te sit en tob. Duime draai op die stoep en wroeg is beide tydrowend en sielsdodend. 

Alles is tyd. Tik tik tik. Alles eet jou bietjie wat jy gegee word.

Ons weet ons tyd is beperk. Ons weet ons heel beste dag is vandag, maar steeds sit ons en wag en wag.

Ons sit en wag vir daardie goeie werk. Ons wag vir daardie spesiale ander een wat nognie in ons belang stel nie, maar moontlik eendag sal.
Ons wag vir die perfekte tyd om ons droom besigheid te begin. Ons wag die jare om. Asof jy een of ander meester strateeg is wat tyd se ratte ken en hulle self draai. 

Ons wag om aan ons gesondheid te begin werk. Ons wag om te vergewe. Wag moontlik om vergewe te word. Wag om te versoen. Ons is so besig om te wag en beplan vir aftrede dat ons wag om te lewe.

Hoe lank mag jy wag?
Hoe lank kan jy wag?

Ek dink jy moet vir jouself uitwerk wie jy wil wees. Hoe jy jouself sien. Hoe jy wil lyk. Hoe jy wil voel. Hoe jy wil hê ander moet jou sien. Wie moet die mense wees waarmee jy jouself omring. 

Want jy kan nie wag om te begin werk aan dit nie. Dis soos om ‘n prentjie van ‘n mooi plek te sien en te begin teken aan dit. As jy te lank vat om te begin teken bleik jou doek. Of die Coke val om en maak ‘n kol op jou half-voltooide werk. Of jou verskaffer hou nie meer geel verf aan nie. 

As jou geel weg is, is dit weg. Dan kan jy nie meer die son op jou prent hê nie. Dan teken jy maar die maan. Anders sit en kyk jy vir jou doek en wag en wag… en wag…vir iets wat nie gaan gebeur nie. Dis jou keuse. Of jy teken maar die beste prent wat jy kan met oranje. 

Die lewe gaan aan. Tik tik tik.

Die doek is voor jou. Jy het ‘n kwas en pallet. Jy weet watter kleure jy het. 

Verf die beste wat jy kan. 

Sonder om te wag.

 
 

Knoppe en kolle

Ek onthou nog hoe trots ek was toe ek my eerste werklike vinnige bouler afgesien het. Ek was op skool en Hennie Wiggett het die boulwerk vir die SA skole oopgemaak.
Ek het met die skool se skutte en ontoereikende handskoentjies iets aangedurf wat werklik vreesaanjaend was. Maar daar is iets in jou wat, as jy diep gaan soek, jou erg hardegat kan maak. Vreesloos.
Mr Reinders het my laat verstaan dat elke bouler net 30 balle kan boul voor hy moeg is. Dit was my klokroep. Dit het aan my gehang.
30.
Asof dit een of ander kode tot oorlewing was. Eintlik was dit, want dit was die dae voor pletterpette en borsharnasse.

Hennie het ingestorm en my heeltemal onkant gevang. Hy het van die verkeerde voet af geboul, soos Mike Proctor van ouds. Die bal en sy arm en sy voete was nie waar mens gedink het dit sou wees nie. Ek onthou dat ek hom gesien vastrap het, gehoor het hoe die naat die lug sny na die bal gebons het en ek onthou die klank toe die bal in die paaltjiewagter se handskoene vasslaan. Dodelik vinnig. Ek het niks gesien nie, meer omdat niks was waar ek ek gedink het dit sou wees nie.
Die bal het alles gemis….mees belangrik natuurlik vir my.
Die volgende bal was ek meer voorbereid op die snaaksigheid, maar die spoed het my steeds effe gepla.
Ek is daai dag pimpel en pers geboul. Ek het braaf bo my vermoë vorentoe gespeel sonder om te verstaan wat kon gebeur.
Ek het gevoel ek gaan huil toe hy my in die sagte binnevet van my bobeen kry….dit was nr 28….
Ek kon nie mooi uit my oë sien soos die trane opgewel het nie, maar ek het hom twee piksoentjies geblaas terwyl hy na my gegluur het. Geen enkel maal pyn gewys nie. Vol knoppe en kolle.
Die mate van oorwinning wat jy voel as jy jou vrese oorkom en nie meer bang is nie libereer jou vir altyd. Jy word ‘n ander mens.

Ek dink mens kry ook daardie gevoel as jy die ergste gesien het. As jou besigheid vou en jy hulpeloos toekyk. As iets met jou kinders gebeur.
As jy jou groot liefde verloor.
As jy siek word….

Ek wonder of die mense wat nog nooit onder die wiele was, anders kyk na siekte nie…
Ek wonder of, as alles altyd nog net goed gegaan het met jou, jy nie kan verstaan hoe iemand so sterk / gesond / gelowig / heilig / goed / mededeelsaam / behulpsaam / suksesvol soos jy slegte goed kan oorkom nie.
Ek wonder of mense wat al ‘n paar skoppe tussen die bene gevat het, meer gepantser is teen nog een, en of jy later so progressief gekneus raak dat jy bloot netnie meer omgee nie.

Dat jy jou vrees vir slegte dinge verloor.

Want ek was nie bang toe ek gister die knop gekry het nie. En dit het heeltemal uit die bloute gekom. Die lewe het my inswaaier geboul nadat ek nog nooit gerook, gedrink of dwelms gebruik het nie. Niemand in my familie het nog ooit sulke probleme gehad nie. Van die verkeerde voet af. 

Maar ek is vreesloos. Ek verstaan nie regtig hoekom nie. Miskien is dit hardegat. Miskien is ek net erg gekneus.

 

Gerrie gaan vir die keel

Die staat appeleer teen Oscar se skuldigbevinding.
As Gerrie wen is Oscar ‘n moordenaar en gaan hy 15 jaar tronk toe. 180 maande. Uit in 1/6de na huisarres….30 maande. Na 90 maande vry op parool om enige plek te gaan.

Kom ons sê Gerrie slaag. Hy kry volgende Junie of Julie appel datum. Dit beteken Oscar het nog 10 maande in die tronk deurgebring (onthou sy huis is nou sy tronk…dit tel as deel van die 30 maande…huisarres is ook die tronk.)

Dit sit hom op 22 maande.
Die regters vat 2 maande om uitspraak te lewer. Dit sit hom op 24 maande. Barry Roux teken appel aan in die proses. Tegniese punt. Uitsluitsel op iets. Stol die proses maand of twee. Nou is ons by 30. So hy gaan nou in elk geval wees presies waar hy sou wees as hy skuldig was aan manslag….behalwe…

Hierdie storie kos die staat seker nog R1 mil. En Oscar nog R1 mil.
Kan die twee partye nie bymekaarkom, iets uitwerk en dit laat bekragtig nie. Oscar kan nie meer as R1 mil maak per jaar na belasting met sy vaardighede nie. Hy is nie meer Mr Red Carpet motivational speaker nie.
Streel Gerrie se ego, sit nog 2 jaar in jou huis en spaar R1 mil vir jouself. En spaar ons dat ons weer vir weke net gaan Oscar Oscar Oscar lees orals.