RSS

Category Archives: Reis

Dag 19: Tianjin na Kuala Lumpur

Ons trein ry uit Beijing Suid stasie uit. Dis ‘n baie, baie groot stasie net vir High Speed Rail. Amper soos Hongqiao vir Shanghai. Ons vat die taxi want ons is nou swaar tas passasiers en ons moet 3 maal op die metro oorklim. Ons wag 10 minute vir ‘n taxi. Hy ry wild soos die res van die bestuurders.
Dit kos R40 vir die redelike lang trip stasie toe. Bargain.
Ons eet ‘n pizza ontbyt en klim op die C-trein na Tianjin toe. Tianjin is een van die mees besoedelde stede ter wereld en ek sien nie uit daarna nie. C-klas is spesifiek tussen Beijing en Tianjin en doen bietjie minder as 300km/h. Hy kann 350 loop as hy moet.
Op pad ry ons verby nog ‘n embrio stad. Niks rondom hom nie, 50 hoe geboue en baie krane. Dis die patroon. Bou die stad en infrastruktuur, maak hom oop en vat die 100,000 mense wat intrek om ‘n nuwe dorp te vorm. Alles is klaar daar. Skole, strate, stasies, brandweer, krag. Plug and play.

Ons ontmoet vir Linda wat ‘n drom verksaffer is op die stasie. Haar grootste probleem is dat haar ouers haar druk om te trou. Some problems are universal. Ons drink ‘n koue tee en Ingrid drink een of ander boontjiesap wat goed is vir vrouens. Na ‘n kort vergadering in ‘n noodle winkel op die stasie vat sy ons deur ‘n konstruksieperseel na die bushalte toe. Die bus is R15 per persoon lughawe toe. Die besoedeling is bo-menslik. Jy kan nie 2 km deur die rook (daar is geen ander woord daarvoor nie) sien nie. Hulle noem dit mis. This ain’t fog baby, it’s emphysema in 2020.

Die groot pret begin netnou met die inweeg. Ek sien al hoe trek ons alles in ons tasse aan!

Ons kom maklik by die lughawe, wat in die plek gebou is waar al die besoedeling bymekaarkom. Die luhawe is modern en netjies. Dis die laaste bastion van Sjinese beheer en ek speel dit maar veilig. Ons sitplekke is weg van mekaar af, maar na bietjie trane van Ingrid skuif hulle ons.
Jy kan nie die vliegtuig van waar hy begin vinniger ry tot waar hy opstyg deur die rook sien nie.
Ons eerste fase van projek ‘kom-met-ons-gewig-op-die-vliegtuig-sonder-penalties’ is suksesvol. Die groot tas is op. 25,2 kg na ‘n bietjie rondskuif. Ons twee klein tassies is altwee 7kg, maar my laptop-sak het die wereld se brosjures in en weeg seker 12 kg. Ons gaan nou bietjie iets eet (vir die laaste keer in Sjina) voor ons opstyg vir ‘n vlug sonder entertainment na Kuala Lumpur. Ingrid dra ‘n man-bag handsakkie om haar middel om bietjie van die gewig te skuif. Sy gaan nou al die perels en neklisse aantrek wat self seker 1 of 2 kg weeg. Ons gaan in polar survival suits in Kuala Lumpur aankom wat op die ekwator is. Should be fun…

Ons kom met die brosjures in ons hande en ons dikste jasse aan by die Air Asia inteken. Hulle kyk nie eers nie en laat ons deurstap. As ek dit geweet het het ons nog 3 jasse gekoop!

Die vliegtuig is 3/4 vol en ek en Ingrid sit op ‘n 3 man ry. Ons doen die besigheidsplan vir die nuwe fabriek. Dinge lyk goed en my oe raak swaar. Ons praat nog ditjies en datjies oor kos en die lekkerste etes toe ons weer op Ingrid se kamera na die geregte kyk. Ons het alles afgeneem. Uiteindelik slaap ons ‘n bietjie en land maklik in KL. Ons vat die R20 bus Sentral toe en hoop ons vorige hotel het vir ons ‘n kamer 23h30 in die nag.

Ons book weer in by die Summerview Hotel naby Sentral. Die enigste kamers is Kings Double vir R400. Nadat ek die proviant uit Sjina uit gesleep het en ek my Jack Wolfskin Everest Ascent jas op die ewenaar dra is ek definitief nie lus vir rondsoek vir ander hotelle nie. Die kamer is ruim en gemaklik.

Ons raak 01h00 aan die slaap met die aircon full blast.

 
 

Tags: , ,

Dag 18: Laaste dag in Beijing

Koffie is duur in Sjina. As jy ‘n koffie freak is bring jou eie pot Verwonderoma of Nescafe. Dit sal R500 van jou vakansie aftrim. Daar is orals warm water vir hulle Soba en tee. ‘n Standaard Latte is R40.

Ek is baie polities, so ek gaan my opinie oor hulle kamstige oppressive staat uitspreek. Ek het 5 miljoen mense gesien. Nie een het oppressed gelyk nie. Behalwe vir die Facebook, Youtube en WordPress ban (onthou hulle het domestic weergawes wat werk) was dit baie lekker en vry in Sjina. Niemand vra jou paspoort behalwe vir die high speed trein kaartjies nie.
Jy voel veilig oral waar jy gaan.
Mense stap in die strate, die parke is vol mense wat hulself geniet, mense lag en die grootste probleem wat hulle het is die prys van die huise wat so duur is.

Ek het dit al ‘n paar keer gese, maar party lande het effektiewe outokratiese bestuur nodig. Suid Afrika is een van die lande. Ons gee vir elke aap ‘n seepkis onder die vaandel van vrye spraak waar hy die grootste klomp stront kan praat. So kry ons 1,000 denkwyses en ‘n miljoen divergente ideale.

Ons kyk na die Temple of Heaven wat ‘n Unesco World Heritage Site is. Ek like World Heritage Sites omdat jy dan weet dit wat jy sien is ‘n major, major internationale erfenis, tensy dit Robben Eiland is. Temple of Heaven is in 1420 gebou in die Ming Dynasty. Dis die simbool van Beijing en lyk of 3 UFO’s met disco ligte op mekaar geland het. Dis ouer as die Forbidden Palace en is gebruik om vir goeie oeste te bid.

Die ingang is omtrent R40, wat jou toegang tot die hele park gee. Die hoof aantrekking is nie die tempel nie. Dis die duisende mense in die park wat ad-lib yoga doen, kaart speel in die holy street of die 50+ outoppies in denim en DG aerobiese klas.

Die musiek is “Touch my body, I will touch your body.” As jy fotografie like moet jy elke oggend 07h00 hier oppitch en weer 18h00 loop. Jy sal jou National Geographic skoot hier kry.


Tiantan Dongmen stasie, lyn 5. Temple of Heaven. Exit A. (Uiteindelik is iets op ons lyn!)

Reg oor die pad is die coolste mark in Sjina. Hongqiao Pearl Market. 16 Hongqiao Lu. Dit is NIE ‘n perel mark nie, alhoewel twee vloere net perels is. Die ander drie is teleskope, skoene, klere, serpe, electronics, fake horlosies en algemeen alles wat jy gehoop het om in Sjina te koop. (Behalwe in my geval ‘n Tube-in-Tube Aseptic sterilizer. Hulle het nie gehad nie).
Ons het 3 Diesel en Timberland T-shirts vir R100 gekoop. As mens praat van Chinese Junk is daar baie hier. As jy praat van top-drawer copies is hier ook baie. Hierdie is nie vlooimark crap nie. Dis fantastiese kwaliteit produkte wat fantasties gecopy is. Die goed het die retailer sticker van Engeland of Amerika op. North Face Summit Series baadjies (Retail R3,000) vir R250. Nike Air drafskoene vir R60. Jack Wolfskin baadjie vir R400 (R4,000). Abercrombie baadjies vir R80. Dolce & Gabanna baadjies vir R200. Perfekte kwaliteit. Dik materiaal. Cashmere scarves vir R50. Kouse vir R6. Wii remote vir R80 (R750) en Wii games vir R20.

Pap gekoop strompel ons huis toe.

Na ‘n een uur stocktake en internet opsoek wat ons gekoop het begin ons aantrek vir die aandete. Vanaand (ons laaste aand in Beijing) is die aand vir Beijing/Peking Duck. Ons soek die internet deur vir beste eend teen die beste prys. Ons kry Dong something, Li something en Bian yi Fang. Dong is R300 per persoon, Li is R200 pp en Bian yi Fang is R100. Jy kry ander wat goedkoper is, maar kwaliteit inboet. Dis cheap en goed. My tipe plek. Hulle het ‘n paar winkels deur Beijing. Beijing het 20 mijoen mense, Shanghai het 22 miljoen en is die grootste stad in die wereld. Jy kan nie 20 miljoen mense eend gee met net 1 outlet nie. Jy moet franchise.

Ons besluit om groot te gaan vanaand. Ons gaan ons beste fake klere aantrek (saam met my sif-vrot Woolworths jean wat ek al 5 dae, insluitend een dag bergklim dra.) Ingrid trek haar Abercrombie figure hugging top, silk scarf, D&G baadjie en hare gestraighten met die fake R60 GHD masjien. Sy lyk cool. Ek trek my silk Yves St Lauren golf hemp en my velvet baadjie aan saam met my R6 Polo kouse. Ek lyk ook OK.

Ons vaar in die stad in op soek na die Elusive Beijing Duck. Ingrid vra hoekom hulle dit ‘n Peking Duck noem… waarna peek hy so erg? Ek lag so ek sukkel om by die deur uit te kom.

Ons wil eers ‘n taxi vat om die nag uit te geniet. Nie een wil stop nie. Ons lyk seker cheap. Skielik stop een reg voor ons en vra waarheen om te gaan. Ons wys hom die foto van die hotel met die restaurant in. Hy se vir ons ons moet uitklim want ons mors sy tyd.
Ons besluit om die trein te vat en te soek. Mens klim uit op lyn 5 (strike 2!) en stap dan in ‘n groot Sandton city tipe plek in (New World Center). New World Center het twee geboue aan weerskante van die pad en ons stap eers deur Galeria se 5 vloere op soek na die eend plek. Na amper opgee vind ons uit dis in gebou 2.
Ons stap oor die pad en kry hulle op vloer 3, soos die internet gese het. Hulle het ‘n menu so dik jy kan elke dag van die jaar iets anders eet. Baie items lyk baie goed, maar daar is natuurlik ook weer ‘n hele menu van lewendige merchandise wat voor jou geslag word. Die standaard skilpad, slang en allerhande binnegoed is ook daar. Ek het nog twee weke akklimatasie nodig om te begin eet aan die snaakse goed.

Ons blaai deur die classy menu maar op bladsy 1 is die eend. Dis R160 vir die eend wat genoeg is vir twee mense. Hulle het Vegetable scented- en Fragrance scented ducks, maar ons is hier vir standaard Beijing Duck. Ons drink twee ‘health juices’ vir R25 wat ‘n mors van geld is want dis seker 20% sap en water wat gefroth is. Ons swaai oor trusted Tsingtao bier toe. Hulle het nie, net Beijing beer. Ons bestel 2. Hulle laai 2 x quarts af. Jy kry die eend vir R160 en als die pariphinalia vir nog R50 vir twee mense. Beijing Duck is ‘n ritueel wat dun pannekoekies, komkommer, dik soya sous en spring onions behels.

Hulle bring die gebraaide een na jou tafel toe en sny hom daar.

Die kuns is om 80 snye dun eend uit te kry. Dan vat die waitress die eend, ‘n pannekoekie en twee chopsticks en doen ‘n move waar sy basies ‘n dun stuffed pannekoek met al die bestandele maak. Dit proe wonderlik. Ek eet 6 van my pannekoekies op teen die tyd dat al 10 Ingrid s’n op is. Sy het ‘n wurm! Ek eet teen streng doktersinstruksies ‘n paar stukke van die crispy vel. Dit is nie baie crispy nie en redelik vetterig. Bietjie te vetterig na my sin. Die bier is omtrent op teen die tyd dat ons dikgeeet terugleun en die eend die wenner aanwys. Daar is nog op die bord oor.

Die rekening is ¥222, wat omtrent R260 is. Dis ‘n bargain vir ‘n classy maaltyd in ‘n classy restaurant.

Ons strompel effe dronk terug Hoof stasie toe om die kaartjies na Tianjin te koop. Ons vlieg more uit Tianjin terug Kuala Lumpur toe en wil nie sonder kaartjies sit nie. Die kaartjie kos R70 per persoon. Ons kry die kaartjies na ‘n lang lyn by die hoof stasie. Dis ‘n bietjie van ‘n pyn in die gat om heeltyd na die hoofstasies te moet pickle om kaartjies te koop.

Uiteindelik kom ons by die hotel na ‘n dag waarin ons Beijing Duck in Beijing geeet het, die Temple of Heaven gesien het en wholesale geshop het.

Ons vertrek more uit Beijing kultureel ryker mense. Ons was op stasie 8 op die Great Wall of China. Ons was in die Forbidden City. Ons was in die vinnigste treine, die grootste stede, die beste metros en die mooiste parke. Ons het ‘n land gesien wat teen ongelooflike spoed groei en nie sy verlede saamsleep nie, maar dit koester en oppas. Ons het lugbesoedeling op ‘n ongelooflike skaal gesien, mense wat konstant oral spoeg en ons persoonlike spasie is ons ontneem.

Dis ‘n wonderlike, dinamiese land en ek wil weer kom (as Facebook, Youtube en WordPress werk.)

 
1 Comment

Bygedra deur op Oktober 30, 2011 in Reis

 

Tags: , , , , ,

Dag 17: Great Wall my China!

Ons spring vroeg weg om die 7.45 trein na Badaling te vat. Jy het twee werkbare opsies vir die Great Wall. Opsie 1 is Badaling wat een uur van Beijing is en opsie 2 is iets met ‘n M wat 3 ure weg is. 3 ure is Joburg Bloemfontein. 3 ure is Hazyview na Pafuri. Niemand ry 3 ure Punda Maria toe omdat daar minder mense maar dieselfde diere is nie. Dieselfde geld vir my. Badaling it is.

Ons vang die S2 trein van Beijing Noord stasie. Die stasie se naam op die metro is Xizhimen, so jy sal tot more soek as jy Beijing North soek. Dis op die nr 2 lyn. As jy in Beijing bly kies lyn 1 of lyn 2. Lyn 5 is crap. Dis soos om ‘n direkte lyn tussen Delmas en Brakpan te he. Dis altyd stampvol maar ek weet nie wie dit ry nie…

Ons koop die R10 treinkaartjies (of so iets, maar dis min) vir die S2 trein. Die eerste beskibare trein is 9.03. Ons moet omtrent ‘n uur sit. Daar is nie ‘n kitskos winkel vir ontbyt nie maar ons koop droee vrugte by die kafee. Droee piesangs (gooi dadelik weg), droee mango (moeilik opgeeet) en droee guava medalions (eet op).

Almal sit in ‘n wagkamer. So ‘n halfuur voor die trein ry begin mense in ‘n ry staan. Toe die trein wil wegspring kom ons agter dis omdat daar meer kaartjies as sitplekke is en ons moet staan. Ons sit op die vloer.

Aan die ander kant aangekom is daar ‘n 800 meter opdraande pad na die ingang toe. Elke Sjinees gorrel diep en spoeg. Dis die nationale sport. Die berge lyk hoog soos by Du Toitskloof. Tot die klip lyk so.
Die ingang is omtrent R60 per persoon. Jy stap verby 20 goue borde van Unesco tot New World Wonders tot Diners Club se world best. It pays to advertise.

Die klim is baie steiler en baie langer as wat mens dink. As jy by die eerste trappies op is split jy links (baie minder mense) of regs (baie mense.) Die mense stop en vat fotos in die pad en vroue met hoehaakskoene durf die tog aan. As jy so halfpad is kom jy agter hierdie is nie ‘n speletjie nie. Dis ten minste so moeilik soos om Vesuvius of Tafelberg te klim. Jy kan egter rus en ‘n Coke langs die pad koop. Daar is BAIE mense. Helfte kom van bo af ondertoe. Dis baie koud (seker 5 celsius) so dit help om nie te overheat nie. Ek het my fake Jack Wolfskin baadjie aan met die zip voor oop. Ek kan nie glo hoe goed ek dit hanteer nie. Die laaste stuk op die pad op is baie erg. Dis baie steil en die mense raak stadiger. Jy kan nie ritme kry nie.

Toe ons bo kom voel ek nog goed. Dis eintlik merkwaardig. Ons kyk na die pad af.

Nr 10 toring is die hoogste punt (ingrid staan agter. WHERE’S WALLY!) en jy kan terugstap, maar dis baie besig, of jy kan die ander pad terugneem. Ons kies opsie 2. Dis nie dieselfde pad wat jy reg aan die begin kan kies nie.

Die terugtog is lewensgevaarlik as jy gly. Dis baie, baie steil. Dit is die beter kant van die twee vir fotos en dra omtrent helfte van die stroom van die eerste kant. As ek weer moes klim sou ek weer dit in hierdie volgorde doen. As jy egter net gaan vir die fotos en die ervaring klim op die kabelkar tot bo. Dis baie vinniger en maklikker. Dit geld ook as jy gedruk is vir tyd.

Die bus terug kom na die euwel van die son-bere in ‘n hok wat staan en arms waai. Ek kan nie verstaan dat Unesco toelaat dat daar sirkusbere by die deur staan nie. Ek is baie bly dat ek son-bere kon sien, maar die toestande was baie erg. Ek kan ook nie verstaan hoe die bosse langs die muur sif vol plastieksakke en bottels le nie. Dit is jou land se hoof toeriste aantrekking, doen net iets om dit skoon te hou!

Die 919 bus staan rye by die uitgang van die muur. Dis maklik om in te klim, kaartjies is R15 elk en hy laai jou by die stasie op lyn 2 net voor Beijing North af. Hy ry ook as die bus vol is, wat beteken elkeen sit op sy eie stoel. Al die res van die mense op die bus slaap. Ek en Ingrid chat en kyk fotos.

Ons kry maklik die subway by die stasie en kom vinnig by die hotel. Beijing se subway is altyd stampvol. As ek dit nie meer skryf nie beteken dit nie dinge het verander nie. Dit is egter so goedkoop dis nie eers ‘n koste nie (R3 per trip per persoon). Ons kry ‘n skaal om ons bagasie te weeg voor ons vlieg. Dit kos R50 vir peace of mind. Ons mag die volgende oplaai:
-7 kg handbagasie elk. Dis ons oorspronklike handtassies.
-een laptopsak vir my
-een handsak vir Ingrid
-Een 20 kg tas.

Ons wil nog shop, so ons werk planne uit hoe om gewig te versprei. Elke tas word geweeg en ons basis word bepaal. Ons pak solank die klein tassies tot 7kg en kry die res geweeg. Na perfekte pak is ons op 16kg as ons die swaar jasse dra as ons vlieg. Ek onthou dat ons bevestiging by Air Asia gekry het en ek kyk weer na die kaartjie. O JOY! Dis 25 kg! Great!

Ons gaan slaap vir 3 ure na die bergklim vanoggend en word 20h30 wakker. Dis te laat om in die strate te gaan rondsluip.

Ons beplan nog bietjie, eet ‘n vullende aandete van Magnum roomys en Fanta Litchi wat ons by die hoekkaffee gekoop het. Dit was of die Magnum of die vacuum packed fried baby crabs, wat mens soos chips eet terwyl jy Judo kyk. 23h00 in die aand gaan ons slaap.

 
Leave a comment

Bygedra deur op Oktober 30, 2011 in Reis

 

Tags: ,

Dag 15: Shanghai na Beijing

‘n Groot deel van ons beplanning gaan oor hoe ons die buit van Beijing na Kuala Lumpur gaan kry. Ons het 7kg handbagasie elk, en ons het vir een ekstra 20 kg betaal. Ons kan ook ‘n handsak vat en ‘n laptop sak. Ons pas die jasse aan wat ons vir ander mense gekoop het. Ek wil netnie by Jan Smuts gestop word en deursoek word vir counterfeit clothes nie. Die plan is dat ek my pa se Jack Wolfskin jas (seker 3 kg) en Ingrid Andrea se Columbia jas (ook seker 3kg) aantrek vir die vlug. Dan 2 of 3 hemde elk en skielik dra jy 6 of 7 kg. Die Sjinese hou baie van brosjures. Elke fabriek gee vir ons ‘n dik pak. Dis helfte van die gewig probleem, maar ook die rede hoekom ons hier is.

Toe ek die nuwe bagasie laai weet ek hier is probleme met gewig. Ons moet iewers ‘n skaal kry om die skaal van die probleem vas te stel. Ek begin krapperig raak met Ingrid soos ons die tasse deur die subway sleep. Ek het die groot tas met die nuwe klere in, die laptop sak en die klein, normale reistassie. Ingrid het een klein tassie en Andrea se nuwe skoolsak met ‘n klomp stuff in. Ek reken konserwatief is ons op 45 kg saam.

Ons is op die trein nadat ons eers amper honger moes klim. Daar is niks kos na sekuriteit nie. Ingrid kry vir ons KFC deur terug te gaan deur sekuriteit en buite te gaan koop. Hulle het nie Streetwise 2 nie. Dis bietjie van ‘n letdown. Actuallly is KFC China gladnie groot op hoenderstukke nie. Nogal snaaks!

 

 

Die hele look-and-feel van die trein laat mens aan ‘n vliegtuig dink. Selfde sekuriteit, wagkamer en lugwaardinne.

Bo is ‘n foto van hulle “spare” treine (seker 30) wat 380km/h ry.
Ons sit in ‘n 3 sitplek ry met niemand langs ons nie. Lekker. Die analfabeet langs my van die plaas af sit en staar na my die hele trip. (Kyk Japie, hy’s wit!) Die trein flits teen 300km/h voort. Dit was 380 maar hulle choke hom bietjie na ‘n ongeluk aan die begin van die jaar. Ons kom die eerste keer in Nanjing. Nanjing is Shanghai se kleiner neef. Ons sien ‘n massiewe toring op die horison. NOTE TO SELF: Vind uit wat dit is. (Dis die Nanjing Greenland Center. 89 verdiepings!)  Nanjing is teen die Yangste rivier. Daar is ‘n stuk van 20 km waar ons net kleinskaal visplase sien. Elkeen ‘n dam met halwe hektaar water. Die Yangste is net so besig soos by Shanghai. Dis eintlik belaglik hoeveel bote hulle inpas. Dis soos ‘n hoofpad.


Teen die berge is begrafplase en ons sien af en toe ‘n kerk. Toe ons by Nanjing uit is begin die ‘platteland.’ Dink Stellenbosch waar jy oral mense en huise sien, maar ten minste nie meer die massiewe geboue nie. Steeds baie visplase. Ons klok langs die pad gemiddel 305-310 met die hoogste 314 km/h. Na ‘n baie aangename reis kom ons by Beijing se buitewyke. So 150km van Beijing af is ‘n massiewe stad op die horison. Now you see it, now you don’t teen 300km/h.
Die trein het ‘n laptop punt vir krag. Dis so ‘n 270 minute trippie, so jy kan jou laptop inplug en lekker werk of speel. Ek gebruik die tyd om bietjie besigheidsplan te doen en fotos oor te laai.

Ek kan dink dat hierdie trein amazing moet wees teen 380, en sy volgende boeties wat naby 500 gaan kom. Ek het dit reeds gese, maar hierdie ouens speel nie speletjies nie. Alles is in turbo-overdrive mode. Hulle ry reeds met proefmodelle 480 op die lyn. Ons het vir 3 ure non stop 300+ gery sonder om te stop. Dis so rustig jy vergeet jy’s op ‘n trein.

Ons kom in Beijing en kry redelik maklik ons stasie na ons per ongeluk die een stasie mis. Ons stap uit en verdwaal bietjie na die hotel toe, maar niks ernstigs nie. Travel tip 1 in Sjina. Taxi’s is goedkoop. As jy by die stasie kom gee vir die taxi-drywer die adres en laat hy jou wys hoe om daar te kom. Dit sal jou R20 of R30 kos maar ‘n uur se sukkel spaar. More weet jy waar dit is en stap (sonder jou swaar tas etc). Jy moet die adres in Shinees in Suid Afrika print, of nog beter, vat ‘n foto met jou smartphone van die kaart, naam of directions in Sjinees op jou PC screen. Dit sal jou baie tyd spaar.

Na ‘n blits stort slaan ons die pad. Die internet is 9,600 spoed vir die van julle wat dit onthou. Voor 48k, ISDN, 384 ADSL of Megs. STADIG! Ons stap ‘n ruk toe begin die wurm in Ingrid se maag weer praat. Sy moet eet. Sy raak eintlik moerig van hongerte. Ons kry ‘n Sjinese restaurant wat lekker lyk. Ondeer die dinge op die spyskaart staan Fried Bullfrog, “delicious Food Float incense duck head”, “Crisp Duck Tongue”, “Mixed Jellyfish with Vinegar”, “Salty Duck Liver” en “Irritable Squid” uit.

Daar is ook “Cattle Muscle”, wat as ek die prentjie kyk ‘n arme bees se p…..l is wat hulle gebraai het. Daar is ook “XO sauce explodes to grow the fragile bone”, “The Impregnable Fortress Makes Fish Rotten”, “Blow up in a little yellow croaker with no result”. Fried donkey with pepper kom ook aanbeveel. Whatever you paid you translator was too much!

Wel, ons het baie honger ingestap, 4 cokes gedrink en onself te pletteer geet vir R100. Die definitiewe wenner was die R25 fried rice in soya sauce. Basic, maar amazing. Die pampoenkoekies was goed, die spring rolls aanvaarbaar maar bietjie warm en die Chinese Chives Cake was OK.

Nou gaan ons Tianamen square soek!

Ons is op ‘n crap lyn. As jy Beijing toe kom wil jy op Metro lyn 1 wees. Ons moet heeltyd oorklim en die subway is baie besig, so dis heeltyd ‘n gestap en gedruk. Ons het nognie die busse uitgesort nie, maar miskien is dit maklikker.

Ons klim uit in Tianamen Stasie (daar is 3 so kies maar). Daar is ook ander stasies (Iets met ‘n Q. Quintao of so iets wat jou op die plein uitspoeg. Op pad kry ons klerewinkels wat baie goedkoper as Shanghai is, en wat minder polisie het, so die copies is in die oog. Dis nie eintlik copies nie. Hierdie goed het die prys in Kroner, US$ of Euro op die retailers se stickers op. Ek dink hulle run derde skofte of verkoop overruns. Hulle verkoop North Face, Jack Wolfskin, Adidas, Nike, Jeep en Canada Goose goed. Yves St Lauren en Polo is populer. Pryse vir super-cool jasse is omtrent R350.
As jy uitklim kyk jy vas in Chairman Mao. Die res van die plek is in die aand toegekamp. Daar is ‘n baie mooi gebou waarteen sy gesig vas is. Dit is nou baie koud en ons wil teruggaan huis toe.
Op pad terug huis toe kry ons probleme (2) maar ek is gedreig deur ander mense in ons tweemens toergroep as ek daaroor sou blog.

 
Leave a comment

Bygedra deur op Oktober 30, 2011 in Reis

 

Tags: ,

Dag 14: Changzhou

Ons is 05h00 uit die kooi. Ek vang vanoggend die red-eye bullet train Changzhou (population 4,5 million) toe en Ingrid wil die Golden Sparrows Yoga groep in East Nanjing Road afneem. Dit is my laaste fabriek besoek in Shanghai. Die Yoga aunties is nognie daar toe ons verbygaan nie en Ingrid sluip terug hotel toe om verder te slaap. Sy het besluit shopping is beter as fabrieke besoek. Dit was ‘n eensydige besluit wat nie met my bespreek is nie. Gelukkig het sy gister weer begin eet. Sy was vir so ‘n uur gister op ‘n eetstaking nadat (diplomatie gestel) die kaloriee op die trippie begin wys het. I like a bit of meat on the bone, so vir my was dit geen probleem nie, au contrairre. Die draaipunt het gekom toe ek vir haar se sy sou ‘n goeie prys in Tsukiji se Tuna auction gekry het. Die vetste tuna kry natuurlik die beste prys. Ek weet nie waaroor die bohaai gaan nie. Die hele trip is ek self al half bolemies (Die binge-eet helfte, maar ek los die vinger in die keel helfte.)

Ons het gisteraand die resultate van die Shanghai Number Plate auction gesien. Soek jy ‘n kar? Die kar kos R100,000. Soek jy ‘n lisensie vir die kar? Dis nog R1,000. Maar as jy ‘n nommerplaat soek begin jou moeilikheid. Een maal per maand auction hulle 9,000 nuwe nommers vir Shanghai uit. Dis wanneer die kewers uit die hout uit klim. Die ou geld, expats, maatskappye, noveau rich en gangsters moet almal registreer by ‘n blinde internet verkiesing. As mamma ‘n nuwe run-around soek moet sy eers wag vir die nommerplaat. Die catch is natuurlik dat jy vir ‘n sekere, individuele nommer bie. Onthou sekere nommers (die met baie 8′s en min 7′s) is baie beter vir jou en jou gesondheid as ander. Om ‘n lang storie kort te maak: Die GOEDKOOPSTE nommer gaan vir R70,000. Die ou wat hom gekry het is op TV om vir elke Sjinees wat wil luister te verduidelik hoe dit sy lewe gaan verander en hom ryker en gelukkiger gaan maak. Hy begin sy droom met ‘n groot agterstand want daar is 4 x 7′s en 2 x 4 in sy nommer. An inconspicuous start to say the least.
Ba is die nommer vir 8. Fa is die nommer vir Fortuin. Ba en Fa word soortgelyk uitgespreek. 8 is die magic nommer wat almal soek. 6 beteken alles gaan glad. 9 beteken jy lewe lank. 4 en 7 beteken dood. 7 beteken ook kwaad. So jy mag kwaad en dood wees. Gelyk. Of jy mag kwaad doodgaan.

Twee groepe vriende skree vriendelik op mekaar agter my in die wagkamer vir die trein. Dit gaan oor makidonies. Na ‘n ruk werk ek uit hulle moes by McDonalds ontmoet het.

Die trein is baie gemaklik met sitplekke wat ver terugskuif en TV’s. Dis die Nanjing Express via Changzhou.

Dit reen toe ons deur WuXiXinqu gaan. (OK, ek wou net die cool naam in my blog gebruik…).

Mark tel my by die stasie op saam met sy drywer. Sy drywer is old-school Sjinees wat deur die verkeer weef (in die reen.) Ek begin immuun raak vir ongeluk vrees in die land. Ons kom 40 minute later by die fabriek. Dis regtig groot. Hulle maak toerusting om solar panels mee te bou en baie van die toerusting is gedeel met kos.

Ons ontmoet die baas. Sy is so 50 maar trek aan soos ‘n 19 year old. Mark se sy is “very powerful.” Sy dra ‘n swart snyerspakkie, met hare baie ver teruggetreks en baie make-up. Maar die ding wat mens eerste opval is die skoene. Dink aan die outydse meide-bekruiper skoene (wit seil tekkies wat net so bokant die enkel vasmaak. Amper soos boks skoene). Nou maak die wit seil zebra print. Met ‘n dik rooi flashy streep op die hak.

Dis amper soos hierdie maar met ‘n 6 -inch platform.

En pink en blou pastel opgeboude layered platform sole. Ek wens dit was nie die waarheid nie! Dit is wat die MD van ‘n baie groot maatskappy werk toe dra. ‘Because you gotta look good first.’

Alle jokes is by die venster uit toe sy begin geskenke uitdeel. Sy gee 2 pragtige teepotte en ‘n hele houtverpakte Sjinese teestel. Ingrid kry ‘n sy (silk) nekdoek. Toe ons klaar besigheid gepraat het gaan ons eet. Almal prop in die kar in. Ek sit langs die kant. Dit is miskien wat my die meeste opgeval het van die besoeke in Sjina. Elke besoek neem 2 of 3 ure van tegniese gesprekke. Dan is daar ‘n twee ure ete. Almal wil jou laat eet. Vandag haal hulle uit en wys. Baie fancy restaurant, maar omdat dit in die platteland is is die pryse goed. Min goed lyk vir my meer as R50. Die dak is verguld met ‘n chandelier. Baie classy.

Ons eet ‘n gestoomde hoender met sy kop nog op. Dan ‘n bak baby prawns. Dan Beijing duck. Dan vis in ‘n dikkerige sous. Dan varkblokkies in ‘n dikkerige soya sous. Ek drink tee in ‘n lang glas. Al die Chinks stap met sulke tupperware flasks rond. Onder in is ‘n klomp blare wat hulle gereeld met warm water optop. In al die treine en restrooms is warm water dispensers. Tee is groot.
Volgende is daar Beijing duck sop! wat baie populer was onder die locals en ‘n bak vol Chinese dumplings. Vir nagereg was daar vrugtestukke, wat ek op my eie opgeet het. Alles was fantasties lekker, maar die prawns was te klein en te veel moeite om uit te dop. Ek het nie die sop probeer nie. Die hoender was bietjie gemiddeld en hulle sny dit op die dwarste deur, so elke hap het bene. Ek het min vis gehad want ek het weggele in die vark en Beijing duck wat hemels was. Tussendeur sluk ek my tee. Ek het twee dumplings gehad wat smaakvol was.

Ons ry terug deur Changzhou stasie toe. Ek het twee porters wat my geskenke dra. Ek weet nie hoe ek dit van Shanghai stasie op die subway gaan dra nie. Ek het my laptop ook en hy is vol brosjures. Changzhou is baie groot. Net soveel mense soos Johannesburg ingedruk in 1/4 van die spasie. Alles is highrise. Ek kom maklik op die trein, wat redelik vol geword het sedert ek gaan sit het. Ons stop weer in Wuxi, wat vir geen stad ter wereld terug hoef te staan in terme van argitektuur en geboue nie. Dis net so groot soos Changzhou met tussen 4 en 5 miljoen mense. Shanghai plus Hangzhou plus Wuxi plus Changzhou is Suid Afrika se populasie. In die area van Kaapstad tot by Worcester. Let that guide you oor bevolkingsdigtiheid! Dit sluit nie die klein dorpies (500,000 tot 1 mil in nie) net 4 mil plus tel. Ek sien nie een stadige trein op die spoor nie. Alles 300 modelle.
Dis my tweede bullet train en dis my tweede Jackie Chan movie. Hy is obviously redelik populer hier. Almal sit vasgenael en kyk.

Kom 3.45 by die huis met my nuwe authentic 25 stuk klei teestel. Ingrid soek die teestel in sy 2kg boks, en die twee ornamental accompaniments in hulle mooi sakkies en fluweel boksies. That will be 3,5kg ‘mam. Ons het 20kg bagasie bespreek van Beijing na Kuala Lumpur. Van daar af is ons goed vir gewig met 30kg elk uitsluitend handbagasie en my laptopsak. Ek begin die nut sien in ‘n Mac Air. My laptop hang soos ‘n dooie skaap aan my skouer.

Ons gaan koop die kaartjies vir die Shanghai-Beijing trein by die hoof stasie. Dis ‘n 1,400 km trip en hulle beplan om (wait for this) 220,000 mense PER DAG te skuif. Hulle doen tans net oor 100,000 in treine wat elke 15 minute van beide kante ry. Jy moet hoof stasie toe gaan en jou paspoort wys. Omtrent R750 vir die kaartjies elk. Ek wou Xi’an toe gaan om die terracotta warriors te sien en Ingrid wou die muur sien. Ons doen maar volgende keer die warriors.

Net na 9 en ‘n Vitnamese aandete vir R100 vir altwee saam duik ons vir die laaste keer in Shanghai se harde bed. Ons is dit eens dat Shanghai lekker was, but it’s time to move on.

Beste van Shanghai:
Die metro stelsel is fantasties en maklik.
Pudong skyline.
Ons het baie veilig gevoel.
Redelik baie mense praat Engels. Miskien 1 uit 20.
Slegste van Shanghai.
Wordpress en Facebook is verban. Jy moet deur derde partye werk om te blog. Hoe crap is dit!
Dis DIE mega city. Dis baie skoon maar daar is niks natuur nie.
Beste ete:
Die Korean in Jianling die eerste dag. Die beste deel was om Ingrid om en dom te sien.
Slegste ete:
McDonalds is crap. (Like always)
Daar is geen cereal beskikbaar waarmee jy jou eie ontbyt kan maak nie.
Beste drink:
9 lives softdrink is fantasties.

 
Leave a comment

Bygedra deur op Oktober 30, 2011 in Reis

 

Tags: ,

Dag 9 – Besigheid in Suid Shanghai

Ons spring weer vroeg weg en vat die Nr 11 trein Anting toe. R10 per persoon. Ons begin al amper immuun raak vir die 5.00 geraas want ek het vanoggend deur dit geslaap. Na die Koreaanse kos gister is ek bly om aan te kondig ons het nie Seoul Belly nie.
Ons merk op die Sjinese is baie minder gepla met hullle selfone as die Japanese.
Die treinrit gaan goed en ons is 8.30 by Anjing. Dit is die laaste stasie op die Nr 11 lyn. Die subway is ‘n droom, selfs vir iemand wat nie Sjinees kan praat nie. Stasies is baie goed gemerk, engelse instruksies is duidelik en die kaartjiemasjien in engels laat jou toe om jou begin- en eindstasie van die kaart af te kies. Hy se dan hoeveel jy moet betaal en gee vir jou ‘n kaartjie.
Ons kom ook agter dat die spelling snaaks is. Alles Q’s, X’e, Z’s en Ch’s is basies ‘n Sj klank. Hulle verstaan die nuanses tussen die verskillende Sj’s, amper soos die eskimo’s wat 12 verskillende woorde vir sneeu het.

Ons ontmoet vir Henry Lee van Shanghai Gofun. Ek hou dadelik van die maatskappy se look en professionaliteit. Die vergadering gaan goed en ons maak reg om die trein na ons volgende vergadering te vat. Hulle baas ry ‘n swart Dodge Caliber tipe ding. Hy bied aan om ons te vat na ons vergadering toe. Baie groot guns! Dis 32km weg.

Ons eet McDonalds by die stasie en wag vir Kitty van Shanghai Beyond. Hulle is seker die grootste van die maatskappye op die trippie. Hulle spesialiseer in tanks en daar is omtrent 20 of 30 in verskillende fases van voltooiing. Ek dink hulle gaan duur wees want daar is drie verdiepings vol kantoorpersoneel.

Hulle doen ook ‘n tonnel pasteuriseerder en evaporators wat vir my interessant is. Mens kan ook die eerste deel van ‘n aseptiese filler by hulle kry. Ek wil asepties gaan want dan hoef ek nie meer te vries nie.

Ons het die kultuur van “die gat in die grond en die groen gras groei daar rond” op die dames toilette gebreek. Ons is vandag twee trappe op van gister se toilet in JianLiang. Eerstens is daar iets oor die gat in die grond (anders as gister), en tweedens het die ceramics ‘n deksel en sitplek op (anders as vanoggend.) Ons ry terug met die drywer en Kitty (“No Problem”) Van onbekend. Haar besigheidskaart lees “Kitty. Foreign Trade Manager.”

Die trip terug is ‘n revelation. Daar is geboue ORALS. Op ‘n stadium lees die GPS 12km na ons hotel toe. Die 25 verdieping wolkekrabbers begin 12 km uit non stop tot 10 km anderkant on hotel, en dan weer aan die anderkant van die rivier vir 10 km. 30 km se ultra-high density mense. Dit is soos Hillbrow of Sunnyside wat vir 50km aanhou. Oral is net mense.

Ons kom by die hotel en vat ‘n 1/4 warm stort (nie uit keuse nie!). Sort probleme met ‘n klient uit en besluit ons moet uitgaan. Daar is ‘n Shanghai restaurant 30 meter van ons hotel af. Ons is lus om effe braaf te wees.

Ons stap by Joading Jan restaurant in kort voor 7. Die straat buite ons hotel pomp met aktiwiteit. Daar is vrugte verkopers, sosatie braaiers, lewendige babers (grotes) in wasgoed-emmers en ‘n klomp SMME restaurante. Daar is scooters orals en die polisiestasie is ‘n garage met 4 Lazyboys.

Ons stap effe versigtig in by die restaurant, maar het so min geeet vandag dat ons wolf honger is. Ons het DIE slegste koffie op aarde by Beyond gedrink, so ons kort iets om te drink. Kry elkeen ‘n quart Santori bier vir R20. Bietjie duur… Ons begin bestel. Ingrid sien iets wat sy uitken: Komkommersnye vir R15. Jy bestel alles gelyk en dan bring hulle vir jou soos dit gaar word. Nifty. Alles kom op sy eie. As jy spare ribs bestel (soos ek) kry jy spare ribs, en ‘n bord. Ingrid bestel ‘n eend, en ons kry ‘n baie groot bak rys en spicy beans. Daar is ‘n dik Soya sous wat saam met die rys en komkommers aankom. Ons doop en gobble. Ingrid begin al genoeg met die chopsticks inkry om nie honger te ly nie. Dan kom die piece de resistance. Die spicy beans is ongelooflik. Ons was baie gelukkig om dit uit te gekies het tussen die heel skilpad in roomsous, slang in soya, varkpens en verskeie visse. Eintlik was daar min reptiele op die menu, en ek het net die waterskilpad en slang gesien.

Ons eet die hele bak rys en die spicy beans maklik op. My spare ribs kalf gou, maar die ster van die aand is Ingrid, wat na die bottel bier (wat tweede weg was, net na die komkommer) sommer later die eend met haar hande bykom. Die een kom onder ‘n kombers gebraaide blare en lyk baie goed. Sy eet die hele eend man-alleen en bietjie Middeleeue styl op. Sop en crusty skin is die hele tafel en die hele Ingrid vol. Die eend staan geen kans nie.

Ons stap met ‘n R200 rekening en trommeldik by die restaurant uit. Ek dink hierdie ondervinding gaan baie goeie veranderinge veroorsaak vir ons dunk van Sjinese kos. Ons sal verseker nie meer so bang wees daarvoor nie. Ek dink ons gaan begin om ‘n baie avontuurlustige uitkyk op die kos begin neem na die goeie ervaring by Joading Jan.

 
Leave a comment

Bygedra deur op Oktober 20, 2011 in Reis

 

Tags: ,

Dag 8 – Into the great unknown

Ons word 5 uur wakker toe die stad wakker word. Elke Sjinees met ‘n scooter druk sy hooter. Nanjing Road lyk my hou die internationale hooterblaas kampioenskappe. Die uitdunrondtes begin 05:00. Teen 06:00 begin die regte chaos toe die restaurante ook aankom om hulle ysterware in die straat te was. Pandemonium.

Ons vat ‘n netjiese taxi hoofstasie toe. Dis R25 taxi-fooi. Ons probeer kaartjies koop. Alles is uitverkoop Wuxi toe waar ons moet wees. Jessica Du van Kuwei toerusting laai ons later by die stasie op. Ons kry uiteindelik ‘n kaartjie in derdeklas op die stadigste trein. R25 per kaartjie vir die twee ure rit. Ons gaan 10.30 eers in Wuxi wees, so ‘n uur later as bepland. Ons moet vandag 3 fabrieke sien, so ek is bietjie bekommerd oor tyd.
Die derdeklas sitplek is soos ‘n eersteklas sitplek in Suid Afrika. Geen probleem nie. Vir die eerste helfte van die tog sit ons langs drie jong mans wat probeer hulpvaardig wees.
By die eerste stop klim hulle uit en die gepeupel klim in. Hulle het al hulle aardse besittings by hulle en wil dit tussen die sitplekke en by die voete indruk. Die ander mense skel hulle uit en hulle sit dit uit die pad uit.
Daar is drie trollies op sirkulasie in die trein. Een van hulle het vrugte, een het snacks en een het sulke deegballetjies met iets wat veels te veel soos soba lyk. Ons probeer nie een van die drie nie.

Sjina is sover baie netjies, maar mens kry die idee dat sy verhouding met tegnologie is soos ‘n seuntjie met ‘n remote control helikopter. Hy het dit, al sy vriende weet hy het dit maar hy kan dit nog nie lekker beheer nie. Die trein is byvoorbeeld perfek op tyd, het goeie reelings vir sitplekke, maar mens kry die gevoel die ontwikkelingsvlak van die massas het nie aangepas by die stelsel nie. Ek het geen twyfel dat hulle wel met hierdie generasie gaan aanpas en die wereld oorheers nie.

Tussen Suzhou en Wuxi is ‘n bouprojekkie. Hulle bou 50 x 20 verdieping woonstelgeboue. Gelyk. Langs mekaar. Daar is seker 100 oorhoofse krane besig. Die skaal is ongelooflik.

Die jongste een van die gepeupel (seker 25) kyk of hy sy hele bak noodles kan uitslurp. Ek sien geen sofistikasie in sy gedrag nie en hy laat my aan ‘n rot dink met sy mannerismes. Die volgende stop is Wuxi en dan begin die harde werk! Ons gaan eintlik Jianling toe, maar die dorp is te klein vir ‘n stasie. Daar is net 600,000 mense.

Jessica en haar baas tel ons by die stasie op na ‘n kort gesoek. Die stasie in Wuxi is groter as enige een in Suid Afrika. Ons ry in die baas se BMW 530. Dit voel soos ‘n Limo op die agterseat want die Sjinese hou van baie spasie. Haar baas ry vinnig en akkuraat deur die verkeer na Jianling waar hulle fabriek is toe. Ons stop en kyk na hulle werkswinkel. Baie impressive met baie masjiene in stoor en in produksie. Ek hou van die plek en sy staf. Ons uitkyk klop. Ingrid vertel my dat die badkamer gat in die vloer nie met haar uitkyk klop nie. Ek is gelukkig soos die honeysucker.

Die grootbaas vra ons om vir middagete te gaan. Ons is saam met Alex van Singapore en sy Filipynse vernoot daar. Hulle maak kokosneutmelk. Alex hulle het pas 24 masjiene gekoop vir hulle 1 miljoen neute per dag besigheid!!!

Die grootbaas lyk soos ‘n Pug hond. Hy ry soos ‘n absolute maniak deur die verkeer. Die middellyn is ‘n rowwe aanduiding van waar jy moet ry. Geen vrou op ‘n scooter, oubaas op ‘n karretjie of 30 ton sandlorrie is veilig soos hy voor hulle (in hulle baan) inry nie. Ek praat met Alex dat die slag van die ongeluk vir my onverwags en vinnig sal wees. Sjina, en meer spesifiek Jianjing, se verkeer is absolute choas, tot die punt dat ek nie kan onthou van ‘n tyd waar almal in hulle eie bane was nie. Verkeerskonstable (het ons later uitgevind) se rol is om as rigtingwysers by ongelukke op te tree. Sonder vrees dat iemand my gaan beskuldig vir oordrywing kan ek die volgende stelling maak: “‘n Sjinees sal die hooter op sy kar uitwear voor hy sy eerste stel tyres uitgewear het.” Die ware helde op hierdie paaie is die plattelandse mense wat die driewiel rikshaws ry. Hoe meer van hulle nie statistieke word nie gaan my verstand te bowe. Ek dink die verkeerspolisie doen niks omdat daar klaar te veel van hulle is en die pad-chaos deel van populasiebeplanning is. Amper soos die 1-child policy.

Ons stop by ‘n Chinese weergawe van ‘n shopping center. Op die derde verdieping is ‘n Koreaanse restaurant. Dit behoort aan aan die baas se seun (die een met die BMW). Hy vra ons of ons Coke, Bier of Wyn soek. Ek soek bier na ek my lewe (en die tannie op die moped) voor my verby sien flits het. Puggie bestel 6 biere en twee bottels ‘wyn’. Laat ons maar bly by; “Mens kry DAMES wyn en mens kry MANS wyn.” Hierdie ‘wyn’ kom in ‘n blou 500 ml bottel en is amper soos spirits. 43% alkohol. Alex waarsku ons dat ons nÍe wyn moet drink nie. Die twee bottels word gou in 6 glasies gegooi. Dit spat rond van die onverfynde skinker. Almal moet drink. Die twee bottels is op.

Die bier word ook geskink en die eerste gereg kom aan. Spicy octopus tentacles. Ingrid gryp haar silwer chopsticks behendig en sukkel onheholpe om die tentakels op te tel. Die grootbaas skel die staf omdat hulle so dom is om nie vir Íngrid ‘n lepel te bring nie. Die seekat is baie lekker en ons le in. Die tweede gereg kom. Groente wat lyk soos dwarsgesnyde avo. Dis ook lekker. Ons sip aan die vuurwater. Ingrid ook. Die derde gereg is twee heel pangroote visse vir die tafel. Die vierde is gebraaide bees stukke in ‘n marinade. Jy draai dit in blare toe en doop dit in jou sous. Die vyfde gereg is salmon sashimi (rou). Ek en Ingrid pak weg. Die sesde gereg is glass spaghetti met varkbeentjies. Die spaghetti is lekker maar die vark is puntloos want jy kan dit nie eet nie. Dan kom daar gebraaide vark skyfies en nog groente. Almal se glase is half, behalwe die grootbaas wat nou al met sy oopgetrekte been op die hoekbank sit. ‘n Toonbeeld van sofistikasie.
Ingrid is so dronk soos ‘n tor en bloedrooi. Ons kuier lekker met Alex en die Filipyn en almal neem fotos van mekaar. Jessica, die aanvallige Chinese verkoopsdame moet ook redelik dronk wees want sy drink saam en weeg 40kg.

Na ‘n maaltyd wat ‘n ervaring was kom huistoegaantyd. Dit was een van die beste etes van my lewe, en was nodig om ons ons vrees te laat vaar oor kos in Sjina.

Die baas is die mees skrikwekende bestuurder waarmee ek nog ooit gery het. Hy is nou stormdronk en dit word een van die mees bone chilling ritte van my lewe. Die reels van die Sjinese paaie is rofweg as volg:
- As ek hoot is ek reg. Wie ookal eerste hoot het right of way.
- As jy plek het in jou baan om ‘n ongeluk te vermy is dit my reg om my bes te doen om ‘n ongeluk te veroorsaak.
- As jy op ‘n scooter is : May God protect your soul.
-Hou regs, of links, of in die middel, afhangend van watter baan die vinnigste is.
- Hou te alle tye ‘n 0,15 sekonde volgafstand.
- Solank jy op die teer is is dit ‘n kommunistiese land en die pad behoort aan almal. Jy kan maak wat jy wil.
- Niemand mag kwaad raak vir mekaar nie.

Almal ken die reels en die roekeloosheid lyk nie of dit enige iemand pla nie. Scooters ry gemaklik voor karre in (en hoot), busse flash hulle ligte en daar is mense orals. Ons beat die odds en kom veilig by die fabriek terug.

Ons draai en en doen bietjie besigheid. Die baas pass uit op ‘n bank in die bemarkingskantoor.  Jessica en die drywer vat ons om geld te trek en daarna jaag ons busstop toe vir die 2 ure trek terug huis toe. Die bus is R100 elk. Op pad ry die bus oor die Yangste Kiang (Yellow River.) Dis die vyfde grootste rivier op aarde. Om te se daar is honderde bote is ‘n ondervertelling. Dis soos ‘n traffic jam van bote met bane, hawens, krane, steenkool. Super besig.

Ons klim af en besluit om ‘n rustige aand van beplanning te he. Ons weet nog nie waar die bus ons afgelaai het nie, en dit skep probleme vir die eerste 10 minute. Die bus het by Shanghai stasie gestop en ons kry ‘n taxi. Hy drop ons by die hoek van Nanjing Road en Shanxi straat af. R20 fooi. Nanjing road is soos die Champs Ellyses in Parys, behalwe alles is duurder. Ons sien dadelik iets is verkeerd. Dis nie ons kruising nie. Ons stap bietjie rond en kry 4 polisiemanne. Hulle kan nie help nie. Daar is twee Nanjing Roads (Nanjing Road West en Nanjing Pedestrian Road) en twee Shanxi roads (North en South). Die polisie kom terug en wys ons waarheen nadat ons hulle die fotos van die straat wys.

Ons stap deur People’s square. Voel vandag soos (Rich) People’s Square.
Chairman Mao draai in sy Mausoleum om as hy sien daar is ‘n Ferrari en Bentley dealership

Uiteindelik kry ons East Nanjing Road Pedestrian Street en stap die hele lengte van die promenade om by ons hotel te kom. Eet ‘n doughnut en drink ‘n koffie voor ons crash op ons bed. (Mens sak weg op gewone beddens. Op hierdie bed crash jy!)

 
Leave a comment

Bygedra deur op Oktober 20, 2011 in Reis

 

Tags: , ,

Dag 7 – Puff the Magic Dragon

Ons word net voor 7 wakker. Daar was nie ‘n aardbewing in Tokyo terwyl ons daar was nie. In a sick kinda way is dit bietjie van ‘n teleurstelling. Soos om Munich toe te gaan en nie bier te drink nie. Of soos om Mannenburg toe te gaan en nie ‘n drive-by te sien nie.

Die vliegtuig na Shanghai vlieg van Ibaraki lughawe, omtrent 80 km noord van Tokyo. Ons soek naarstiglik na ‘n oplossing vir ons kontant probleem. Ons het R400 oor, en die bus is R50 of R100 elk (ons verstaan nie lekker die reels nie) en die treine is seker nog R50 elk. So dis tight. Gisteraand het ons ‘n tydjie gevat om uit te vind waar ons kontant kan kry want min banke vat ons kaarte. (Ons het partykeer dieselfde probleem in Suid Afrika…). Ons vind toe uit die ATM’s in 7-11 het kontant met buitelandse kaarte. Cool! Daar is een by Kuramae en ons probeer R400 trek, want wie wil nou met ‘n klomp Japanese Yen in Cannon Rocks sit. Minimum order is R1000. Nou het ons R1,400 en ons mag moontlik net R200 daarvan gebruik.  Hulle kleinste noot is R100 en hulle het ‘n R50 muntstuk. Ons kom by getroue ou Kuramae stasie. Die bus ry van Tokyo stasie af. Kondukteur werk vir ons ‘n roete uit, want Tokyo stasie is groot, maar dis nie groot vir subway lyne nie. 3 treine vir die 7 km rit.

Ons het nooit regtig rush-hour beleef behalwe 12 nm die eerste Vrydagaand nie. Well, things were about to change. For the worse… Die bus vertrek 8.30 en ons het 40 minute oor. Die stasies is een na die ander vol. Soos swartkop miere wikkel hulle koppe soos hulle trappe op en trappe af in die tonnels beweeg. Mens kan dit eintlik nie begryp hoeveel mense hier is nie.
Sweet tap my af.
Hulle business flyers is tissues met boodskappies op. Mense stop dit orals in jou hand, so daar is altyd genoeg tissues. Liberaal wend ek snesies aan met hotelle, restaurante en ontwikkelings se details op. As die een trein ry stop die volgende een. Mense staan ordentelik in rye! in hierdie chaos. Perfek. Twee-twee. Dan maak die deure oop en civility gaan by die venster uit (en by die deur in). Dis ‘n drukgang van enorme proporsies, en die kondukteur het die prodder. OK, die trein is vol en ons is in. Dan begin die move. 10 mense ekstra per deur per trein. Geen personal space nie. Geen simpatie nie. Die aircon is full blast om die gepeupel in bedwang te hou. ‘n Vrou trek haar gesig skeef soos sy gedruk word. 8.28 peul ons uit by Tokyo stasie. Ons moet te laat wees. Ons hardloop in enige rigting. Voor ons sien ons ‘n tekentjie vir die bus. Ons strompel in die daglig uit en hardloop amper in die Ibaraki bus vas. LUCKY, want dis al 4 minute na half.

In met die tasse en op die bus. Dis vollerig en ek en Ingrid sit in verskillende rye. Nie trein vol nie, maar seker nie meer as 5 oop sitplekke nie. Ons klim op die highway en gaan deur ‘n paar tolhekke. Klaar is my kop net op Sjina, en ook wat ek met die klomp Yen gaan maak! Die bus het 90 minute gevat deur baie meer plotterige areas van Japan met klein plasies. Jy sien boompies wat mooi getrim is soos in die movies met rys in die rivierbeddings.

Ibaraki lughawe

Ons kom hopeloos te vroeg by die lughawe aan ‘vir veiligheid’. Dis ‘n R6,000 fout om die vlug te mis. Ons betaal R50 per persoon vir die bus (halfprys met ‘n vliegtuig kaartjie (nou weet ons…)). Ons weet nie wat om met die ekstra geld te doen nie. Ons sit maar in die Wimpy tipe restaurant en kyk na die menu. Noodles is groot. Soba ook. Ons probeer uitwerk wat soba is deur ‘n proses van eliminasie op die menu se prentjies. Ons koop die duurste goed op die menu (Deep Fried Pork Cutlet on Rice…with Soba) vir R100. Ingrid doen die vis weergawe. Die maaltyd is baie lekker. Die pork cutlet het ‘n gelerige pasta teen die kant van die bak vasgesmeer. Die goed behoort ‘n health hazard warning op te he. Dit is POTENT, amper soos wasabi op steroids. Ek vermy dit nadat dit my hele R18 Coke vat om die vlamme te blus.
Ons altwee proe die Soba. Dit het ‘n stuk wit iets in met ‘n pink spiraal op. Vir mense met ‘n braaivleis en pap agtergrond is Soba soos Monty Python sou se; “now for something completely different.” Op die oog af lyk dit soos gewone noodles in ‘n sop. Dit proe anders / snaaks. It’s an acquired taste, to put it mildly. Ons besluit ons gaan niks laat mors nie en iemand moet dit eet. Ons kry konsensus; ons moet Ching-Chong-Cha vir wie dit alles moet eet. Ek begin myself geestelik voorberei vir die kwaaiste CCC stryd van my lewe. Hierdie is sekerlik lewe en dood. Ingrid is net so opgewerk. Daar kom ‘n aankondiging oor die luidspreker dat Spring Airlines oop is vir aanmelding. Dis miskien die beste nuus van die dag. Ingrid vat vinnig die lee bakke en die twee vol Soba’s counter toe. TRUCE. 
In die ry is ek by verre die langste, en Ingrid die tweede langste tussen die 100 mense.
Spring Airlines, anders as Air Asia laat jou nie betaal vir tasse in die buik van die vliegtuig nie. Jou TOTALE, ALLES in gewig (insluitend laptops, handsakke en alles in die buik) mag nie 15 kg per persoon oorskrei nie. Dis min vir gewone reisigers maar ons reis gewoonlik net met handbagasie en ons was op 25 kg saam.

Ter opsomming van Tokyo:

Ons was in ‘n budget hotel (Weekly Mansion Asakusa) in die noordooste van die stad. Dit was gerieflik naby twee goeie treinlyne en die kamer was BAIE klein, maar het internet kabel gahad en was self catering. Dit was baie goedkoop vir Tokyo teen R600 per nag vir 4 nagte. Kos en drinks was seker R150 per persoon per dag, maar ons het maar partykeer noodles geeet. (So R20 by die convenience stores) en BAIE van die R14 1-liter sappe gekoop. Die sap was ons stapel voedsel. Die sushi het ons bietjie gekos (seker R450 vir twee maal) maar ons het tempels, museums, plekke en kruisings gesien sonder om vir iets te moes betaal. Ingrid het wasgoed gewas vir R50 en ons het twee maal die TOEI pas gekoop vir R50. Ek sal die TOEI pas voorstel vir so 3 dae en die JR pas vir ‘n ander dag. Dan moet jy dissipline handhaaf en met ‘n plan sightseeing doen. Dit hang ook af waar jy bly. Eintlik was Tokyo nie so duur nie… (Never thought I would say that…) Ek dink ons het vir onder R1000 vir die twee van ons per dag uitgekom. Ons het ‘n kamera ekstra gekoop en sushi geeet, maar verder was dit as pakket nie SO duur nie.

Die vlugte Shanghai toe was omtrent R1,000 per persoon. Die Japan vakansie detour het ons dus omtrent R6,000 ALLES in gekos vir 4 dae. Ek dink dis ‘n bargain. As jy op langafstand treine (200 km+) gaan begin ry lyk dit my raak dit nogal duur.

Ons wag nou in die lughawe wagkamer. Ingrid gaan vir ‘n laaste maal ietsie by die Bending Machine haal voor ons klim.

Ons Best-and-Worst of Tokyo:

Best.      Die Tsukiji vismark was awesome. Yoyogi Park was ook baie mooi. STOP PRESS. STOP PRESS. We have winner. Net voor ons vlieg gaan Ingrid badkamer toe. Sy oortuig my ek moet ook gaan. My lyf hou meer as die munisipaliteit se honeysucker, so ek hoef nie regtig nie. Maar sy vra mooi. In die badkamer is die DELUXE model van die Executive range toilets. Ons praat hier van ‘n toilet met ‘n ingeboude holspuiter met 7 pressure en temperature settings, ‘n “powerful deodorizer” (their words not mine) en karoake musiek speel option. Ek is nie bang wat ander mense dink nie, maar om musiek by jou troon te speel in ‘n lughawe restroom was bietjie te veel. Maar ek het al die res gedoen! I gotta have me one of those! In die vliegtuig na die tyd wonder ek en Ingrid hoe hy so dodelik akkuraat spuit. Ons praat hier KOLSKOOT! Ons wonder of hy ‘n oog het. Volgende keer sal ons rondskuif en kyk of hy nog so reguit spuit. Jy kan ook besluit waneer hy genoeg gespuit het, so party mense bly seker effe lank op die troon met die ding.

Worst. Kommunikasie was ‘n groot probleem. Baie groter as wat mens dink of jou kan voorstel.
Beste kos: Halfprys sushi by Koei.
Beste drinks: Kirin Bier op pad huis toe na ‘n lang dag.
Slegste kos: Soba
Slegste drink: Ingrid se complimentary groen tee by Tsukiji. “Try it, you will like it…”. Sy het dit gedrink omdat sy van die teepot gehou het. I wish that was not true…

Op pad Shanghai toe vlieg ons met die lengte van Japan af om dan ‘n kort hop oor die East Chian Sea te maak Shanghai toe. Die gewone vlugte begin by R3,000 en hierdie een is minder as R1,000. Dis die eerste internationale low-budget vlug in Japan in. As jy voorheen nie die R3,000 kon betaal nie moes jy R1,500 vir ‘n 30 ure ferry betaal. Die vliegtuig is vol en ek reken die dae van die ferry en van R3,000 kaartjies is getel. Dit gese is hierdie die kleinste seat wat ek nog ooit op ‘n vliegtuig gehad het. Alle kommunikasie, papiere, notas, boeke is in Sjinees. Nie en woord Engels nie. Op Tokyo se subway het jy darem so partymaal ietsie Engels gehoor. Die vliegtuig is ‘n Airbus A-320, dieselfde wat meeste van die ander low budget ouens gebruik, maar ek dink met die 15 kg bagasie en die feit dat Japanese en Chinese lyk my almal minder as 45kg weeg pak hulle meer mense in.

Toe ons naby Sjina kom buk die twee hosts laag in die gangetjie en daar kom ‘n afkondiging dan almal nou saam moet Yoga doen. Dis die reine waarheid. Hulle doen moves met rek-en-strek wat die sirkulasie bevorder, die puffiness onder jou oe uitvryf en die spatare op jou dye masseer. ‘n Goeie 5 minute workout. Dis is die eerste keer wat ek so iets op ‘n vliegtuig sien.

Ons land in Shanghai. Die terminaal is so groot soos OR Tambo lughawe. Daar is 4 terminale wat ek kan sien. MASSIVE. Ons land by Pudong Lughawe, en daar is ‘n tweede lughawe (Hongqiau) ook, wat bietjie kleiner is. Shanghai is die grootste stad ter wereld met omtrent helfte van die populasie van die hele Suid Afrika. By doane tel ek probleme op as gevolg van my besoekie aan die barber in Kuala Lumpur. Ek het nie meer die baard van die Visa nie. Dit veroorsaak konsternasie. Ek vat 10 minute om my stamps te kry.

Ons stap na terminaal 2 toe om met die Maglev trein te ry. Kaartjies is R60. Die trein ry 450 km/h. Dis die vinnigste trein op aarde. Hy het nie wiele nie en loop op ‘n magnetiese veld. Ons klim en wag. Die sekuriteit is soos by ‘n vliegtuig. Lyk my hulle probeer krag spaar want hy ry vandag slegs 300 km/h. Die trein draai 45 grade op sy sy deur die draaie.


Ons klim uit by Laoling stasie en soek ‘n taxi. Die een man wil ons R200 vra om ons na die hotel toe vat. Ons koop McDonalds want Ingrid is bietjie skrikkerig vir die Chinese kos. Dis goedkoop. ‘n Bedelaar loop ongestoord kringe deur die restaurante by die stasie. Die polisie gryp vir Cheeky Chen in sy pastel blou suit agter die skouerblaaie. Hulle sleep-lig hom so van die vloer af dat hy een tree gee vir elke drie van hulle. Weet nie wat hy gedoen het nie.
Ons wil East-Nanjing Pedestrian street toe gaan. Ons hotel is daar. Die ondergrondse trein kaartjie is R10 vir ons twee saam (vs R180 vir die taxi). Ons praat oor die stasie naam en ‘n “dowe” man kom help ons met die masjien. Hy weet waarheen ons wil gaan. Miskien is dit ESP…
Die trein is vol en vinnig. Ons klim uit by East Nanjing Road. Dis net ligte en winkels. Baie, baie besig.

Ons kry ons hotel na ‘n kort soekie. Dis omtrent 100 meter van die stasie af. Die hotel is bietjie oud maar skoon. Die kamer is klein bietjie groter as die een in Japan, maar nie baie nie! Ingrid gaan sit op die bed. Sy staan op en kyk of hulle nie vergeet het om die matras op te sit nie. Dit klink of sy op die base gaan sit het. Die bed is kliphard.
Ons gaan stap ‘n draai in Nanjing Road. Polisie orals.
Daar is KFC, McDonalds en al die ander hoof kos chains, maar dan ook die Sjinese brands wat ons nie ken nie. Die polisie probeer die “probleem” mense beheer, maar oral is mense wat diskreet na jou toe kom en wil horlosies, klere, elektriese rollerblades en allerhande liggies verkoop. Dis irriterend.

Ons eet vir R25 ‘n chocolate soft serve (Ingrid) en ‘n jumbo Sprite (ek) en seker die grootste hoenderbors wat ek nog ooit gesien het by KFC. Dit het amper soos ‘n kalkoenbors gevoel, maar baie lekker. Toe ons by die kamer kom skuif die tweede ‘besigheidskaartjie’ onder die deur deur. Dames wat hulle dienste formeel aanbied. Dis wat mens ‘direct advertising’ noem.

Die stort is baie lekker maar mens kan nie die water uit die krane drink nie. Sjina voel vir my baie meer Engels gerig as Japan. Meer mense verstaan jou.
Ons raak vinnig aan die slaap rondom 22h00. Ek waarsku Ingrid om nie haar kop teen die matras te stamp nie. Dis soos om op die teer in die pad te slaap.

 
Leave a comment

Bygedra deur op Oktober 20, 2011 in Reis

 

Tags: , , ,

Dag 6: Kulturele Tokyo

Ons word 09h00 wakker. Ek voel of ek teen Jan Wilkens gestoei het. Smaak my hy het my met ‘n volstruisskop in die bene gevang. Ingrid moet my kouse vir my aantrek. (Waarheid!)

Sy wil he ek moet haar kouse ook aantrek maar ek kan nie dit van die grond af optel nie. (Plus sy dra sandals en dis net te Duits om sandals met kouse te dra!) Op ‘n manier kom ons by Kuramae en vat twee stoppe om by Bakuro-yokoyama op die Groen Shinjuku lyn te klim. Ichigaya stasie is die stop vir die Yasukuni shrine en ons klim uit. Ons was gisteraand al hier, maar fight oor die rigting. Ingrid wen gelukkig en vat ons reguit soontoe. Die weer is perfek. Nie ‘n briese of ‘n wolk in die lug nie. My kompas is AWOL. Dis oop en stillerig by die shrine. Ons besluit om deur die hoof Tori-Gate en gisteraand se hekke te gaan. Dis ‘n reguit grys klippe pad en daar is ‘n klomp mense wat vee om die plek skoon te hou. Ek wil ingaan om die name te sien, maar dis heilige grond. Eintlik loer mens van buide af in om iets binne te probeer sien.

Yasukuni Shrine ingang

Ons stap terug stasie toe vir die trippie Harajuku en Yoyogi Park toe. Harajuku is die middelpunt van mode in Japan, en Takeshita Street is die hoofstad. Die straat is in dele gedeel vir Goth/Punk, Lolitas en Fasionables. Ons het al die groepe net so in die verbygan gesien. Die plek is stampvol en alles is mode. Al die winkels is vol girltjies wat aanpas en kyk en wonder. Ons koop ‘n R50 Harajuku Crepe elk. CALORIE BOMB baby. Pannekoek in ‘n tregter gevou met room, roomys en vrugte vulsel.

Ons wil die Meiji shrine en Yoyogi Park gaan kyk. Dis waar al die wannabee bands op Sondae speel (of so het ons gedink). Die reels het verander en hulle speel nie meer daar nie. Daar is nou net ‘n Shrine en ‘n groot park met baie bome. Dis 500 meter van die chaos hier onder.

Girltjies van Harajuku. FASHION baby. Dress to Kill is die motto en die plek is GEPAK

en dan lyk dit so:

Yoyogi park

Nee, sy is nie 'n Harajuku girl nie, sy's die bruid

Ons het die bruidspaar by die Meiji shrine gekry. Die kleure van die entourage was fantasties.

Daar is egter ‘n probleem met Yoyogi park. In die hele 80 hektaar park is daar 4 stoele, en dis vir die security guards wat die hekke oppas. Ek het amper doodgegaan van my voete. Ons het ‘n polisieman buite gekry wat vir ons verduidelik het waar Shibuya stasie is sodat ons na die groot kruising kon gaan. Hy reken dis 10 minute na Yoyogi stasie (waarvoor ons trein-pas nie werk nie) of 40 minute na Shibuya per voet. Dis net daar dat my hardegatgeit oor geld spaar opgehou het. Ons betaal maar die R13 elk en ry. (Ons het al voorheen ‘n R30 fout in Salzburg by die berg gemaak, maar meer daaroor later… “Kom ons ry die R30 kabelkar Christoph.” “Nee, ons klim eerder self die berg en spaar.”)

Ons soe bietjie vir die groot kruising en kry hom maklik, WANT HY’S GROOT!

Ons het ons eie video, maar jy kan die kruising in aksie sien by http://www.youtube.com/watch?v=cUBK78yNJ80. Dit het net so gelyk toe ons daaroor gestap het op n Sondag middag 16h00. Dis chaos, EN…al die kruisings wat ons op en af in die straat kon sien lyk net so. Daar is massas en massas mense. Ons het uit die Starbucks ons Video gevat, en dis dieselfde plek waarvan hierdie video gevat is.

Shibuya crossing

Op hierdie foto is Starbucks reg agter die trok. Starbuck koffie is R38.

Na hierdie vol dag met my pap voete is dit die einde van Tokyo. Ons haal weer die R13 uit vir die trein na Shinjuku toe sodat ons op ons getroue TOEI maatskappy Oedo line kan klim. Ons stap net voor 6 doodmoeg by die huis om te begin beplan vir Sjina. More gaan ons na die Groot Rooi Draak toe.

Effens scary…

 
Leave a comment

Bygedra deur op Oktober 16, 2011 in Reis

 

Tags: , , , , , , ,

Dag 5: Tokyo deel 2

Japan glo nie in groot polisiestasies nie. Hulle het sulke klein, eenman stasies op baie hoeke. Ons staan vroeg die oggend op, stap oor die Sumida rivier se groen brug en na Kuramae stasie toe. Kuramae stasie is op baie plekke. Die stasie word gevoed deur ‘n doolhof ondergrondse gange wat jou enige plek oor ‘n 9 blok gebied kan insluk en uitspoeg. Ons uitgang is A7. Partymaal is daar ‘n A7 en ander kere nie. Dis soos die Hogwarts Express Stasie. As jy nie by A7 uitklim nie verdwaal jy. Ons het baie verdwaal!

R10 per lemoen, grapefruit. R30 vir Cape Sap..? R60 vir ‘n boks Corn Flakes. R20 ‘n liter melk. My voete is seergestap. Die ATM’s vat net Japanese kaarte.

Die locals spreek Tsukiji vismark uit as Skiji. Ons ontmoet ‘n Europese paartjie by die shrine as jy inkom. Hulle vat ‘n foto van ons en ons vertel hulle waar die subway is. Om te weet waar die subway is is die belangrikste ding in Tokyo. Ek is gewoonlik ‘n bloedhond met rigting maar Tokyo is een aanhoudende lekker verdwaal. Jy stap waar jy dink jy moet gaan en kom dan by stasies wat jy nie geweet het jy na op pad is nie.Noord word Suid maar Wes bly Oos. Jou kompas knoop. Ons het ‘n TOEI line pass vir R50 elk gekoop want ons is budget travellers. Tokyo het twee subway maatskappye wat verskillende lyne ry. Almal kom nie by dieselfde plekke (of die plekke waar jy wil wees) uit nie. So dit kos omtrent R18 per kaartjie op die subway om te gaan waar jy wil wees, of R50 per dag en jy moet partykeer bietjie stap.

 

Tsukiji mark het 3 hoof areas. Deel 1 is die Tuna verkoping. Deel 2 is die hoofmark en deel 3 is die kant markte. Deel 1 is baie vroeg in die oggend (3vm) en ek het gedink mens mag dit nie meer besoek nie. Die Europeers was daar, so ons het uitgemis! Deel 2 maak 09h00 oop, maar ons het per ongeluk vroeer vir 10 minute rondgeloop voor die cops ons uitgejaag het. ‘SORRY!’

Deel 3 is soos ‘n groot vlooimark wat alles fish-related verkoop. Daar is sushi plekke en mes winkels en droee vis winkels en dolfynvleis en geblikte walvis en skulpvis en snaakse groentes en en en. ‘n Visuele Smorgasbord.

Tuna pens, baba vissies, Fubu (pufferfish) en ander vreemde seediere

Ons kry ‘n sushi-plek waarvan ons hou. Cash Only. Ons het R400. Nie genoeg vir die geleentheid nie. Ons wil die eenmaal in ‘n leeftyd gebruik om die beste sushi ter wereld op te gebruik. Ons begin ‘n ATM soek. Van winkel na winkel stap ons van ATM (only Japanese cards) tot ATM (Only Japanese cards). Ek is klaar geloop toe ons die Citibank in Ginza kry. Ons stap terug, eet R380 se sushi (!!!!, ek hoef nie te gaan stap het nie)) en begin die mars deur deel 2. Meeste van die ouens het al opgepak en is besig om skoon te maak. Steeds baie impressive.

Sushi pryse. Deel deur 10 vir Rand

Ons kruip terug na die Asakusa-line na Kuramae stasie toe. Pap gestap.

Vanmiddag maak ons ‘n slapie vir 3 ure om te recover van die vroeg opstaan, laat gaan slaap siklus.

5 uur die middag begin ons weer soos die son begin sak. Almal soek kameras by die huis en ons gaan weer Akihabara toe. Vind uit die pryse is omtrent 5% laer as by die huis. Nie die moeite werd om saam te pickle nie.

Toe een van die hoogtepunte (Yasukuni shrine) en die groot pad kruising wat mens altyd op Travel Channel sien. Yasukuni Shrine is die plek waar die geeste van Japan se oorlogs-gevallenes gestoor word. Dis vir hulle soos die Voortrekkermonument vir Afrikaners is. 2,5 miljoen name is in graniet opgeskryf. Tussen die name is 14 Class 1 War Criminals. Dit maak die lande waarteen die warcrimes gepleeg is bitter ongelukkig. Dis die proverbial ‘cast-in-stone’ broer. Die name is there for keeps, en die Japs lyk nie of hulle polyfilla op hulle Shrine wil gebruik nie. Elke keer as die Japanese president daarheen gaan is dit CNN hoofnuus. Niemand behalwe die Japs like daai plek nie, amper soos die Voortrekkermunument. Yasukuni shrine is 24 uur oop volgend Lonely Planet. NOT. It closes at 18h00 baby! Ons kom voor DIE grootste dooiemansdeur ooit. Ons praat 10 meter hoe hout hekke met goue knockers. Die knockers weeg seker ‘n ton elk en sit 3 meter bo die grond. Ek dink nie iemand sal antwoord as jy klop nie…

Ons besluit om die beste van ‘n slegte saak te maak en die groot voetoorgang te gaan kyk. Ons gaan Shinjuku toe waar ons dink dit is en soek bietjie. Soek ‘n closing special by die Koei (Woolworths is low budget teen hulle) raak waar mens baie lekker 6 ure oue sushi vir R60 kry. Hulle clear al hulle vars(erige) kos voor toemaaktyd. Bargain! So soek ek ook ‘n baseball pitching besigheid raak. Die mannetjie vra my watter spoed ek soek. Dit begin by 100km/h en gaan na 130 km/h. Ek reken ek kan mos balle slaan en gaan MAX. Ek het nog nooit ‘n baseball bat vasgehou nie. Die eerste bal is verby voor ek kon swaai. So drie balle (OK, miskien 8) toe het ek die tune. Dis vinnig. Ek raak omtrent helfte en tref so 1 uit 10 goed. Geen home-runs nie. Sal graag weer wil gaan.

Ons soek by Shinjuku. Wrong! Text vir Jeanne. Sy se dis in Ginza. Amper soos Jo’burg central na Sandton trek ons deur Ginza toe. Soek. Soek. Elke polisieman en winkeleienaar dink hulle oorgang is die regtig grote. Stap. Ek’s klaar. Ons gee op en strompel 24h00 by die kamer in. Ons is hardegat oor die trein-pas en stap 20 minute om by ons stasies te kom eerder as om op die Japan Rail treine te klim (Ons het ‘n TOEI pas). Ingrid se nuwe kamera neem great fotos. Ek weet nie hoe ek in die bed gekom het nie. Die petrol is op…

 
Leave a comment

Bygedra deur op Oktober 16, 2011 in Reis

 

Tags: ,

 
Follow

Get every new post delivered to your Inbox.