Ons word net voor 7 wakker. Daar was nie ‘n aardbewing in Tokyo terwyl ons daar was nie. In a sick kinda way is dit bietjie van ‘n teleurstelling. Soos om Munich toe te gaan en nie bier te drink nie. Of soos om Mannenburg toe te gaan en nie ‘n drive-by te sien nie.
Die vliegtuig na Shanghai vlieg van Ibaraki lughawe, omtrent 80 km noord van Tokyo. Ons soek naarstiglik na ‘n oplossing vir ons kontant probleem. Ons het R400 oor, en die bus is R50 of R100 elk (ons verstaan nie lekker die reels nie) en die treine is seker nog R50 elk. So dis tight. Gisteraand het ons ‘n tydjie gevat om uit te vind waar ons kontant kan kry want min banke vat ons kaarte. (Ons het partykeer dieselfde probleem in Suid Afrika…). Ons vind toe uit die ATM’s in 7-11 het kontant met buitelandse kaarte. Cool! Daar is een by Kuramae en ons probeer R400 trek, want wie wil nou met ‘n klomp Japanese Yen in Cannon Rocks sit. Minimum order is R1000. Nou het ons R1,400 en ons mag moontlik net R200 daarvan gebruik. Hulle kleinste noot is R100 en hulle het ‘n R50 muntstuk. Ons kom by getroue ou Kuramae stasie. Die bus ry van Tokyo stasie af. Kondukteur werk vir ons ‘n roete uit, want Tokyo stasie is groot, maar dis nie groot vir subway lyne nie. 3 treine vir die 7 km rit.
Ons het nooit regtig rush-hour beleef behalwe 12 nm die eerste Vrydagaand nie. Well, things were about to change. For the worse… Die bus vertrek 8.30 en ons het 40 minute oor. Die stasies is een na die ander vol. Soos swartkop miere wikkel hulle koppe soos hulle trappe op en trappe af in die tonnels beweeg. Mens kan dit eintlik nie begryp hoeveel mense hier is nie.
Sweet tap my af.
Hulle business flyers is tissues met boodskappies op. Mense stop dit orals in jou hand, so daar is altyd genoeg tissues. Liberaal wend ek snesies aan met hotelle, restaurante en ontwikkelings se details op. As die een trein ry stop die volgende een. Mense staan ordentelik in rye! in hierdie chaos. Perfek. Twee-twee. Dan maak die deure oop en civility gaan by die venster uit (en by die deur in). Dis ‘n drukgang van enorme proporsies, en die kondukteur het die prodder. OK, die trein is vol en ons is in. Dan begin die move. 10 mense ekstra per deur per trein. Geen personal space nie. Geen simpatie nie. Die aircon is full blast om die gepeupel in bedwang te hou. ‘n Vrou trek haar gesig skeef soos sy gedruk word. 8.28 peul ons uit by Tokyo stasie. Ons moet te laat wees. Ons hardloop in enige rigting. Voor ons sien ons ‘n tekentjie vir die bus. Ons strompel in die daglig uit en hardloop amper in die Ibaraki bus vas. LUCKY, want dis al 4 minute na half.
In met die tasse en op die bus. Dis vollerig en ek en Ingrid sit in verskillende rye. Nie trein vol nie, maar seker nie meer as 5 oop sitplekke nie. Ons klim op die highway en gaan deur ‘n paar tolhekke. Klaar is my kop net op Sjina, en ook wat ek met die klomp Yen gaan maak! Die bus het 90 minute gevat deur baie meer plotterige areas van Japan met klein plasies. Jy sien boompies wat mooi getrim is soos in die movies met rys in die rivierbeddings.

Ibaraki lughawe
Ons kom hopeloos te vroeg by die lughawe aan ‘vir veiligheid’. Dis ‘n R6,000 fout om die vlug te mis. Ons betaal R50 per persoon vir die bus (halfprys met ‘n vliegtuig kaartjie (nou weet ons…)). Ons weet nie wat om met die ekstra geld te doen nie. Ons sit maar in die Wimpy tipe restaurant en kyk na die menu. Noodles is groot. Soba ook. Ons probeer uitwerk wat soba is deur ‘n proses van eliminasie op die menu se prentjies. Ons koop die duurste goed op die menu (Deep Fried Pork Cutlet on Rice…with Soba) vir R100. Ingrid doen die vis weergawe. Die maaltyd is baie lekker. Die pork cutlet het ‘n gelerige pasta teen die kant van die bak vasgesmeer. Die goed behoort ‘n health hazard warning op te he. Dit is POTENT, amper soos wasabi op steroids. Ek vermy dit nadat dit my hele R18 Coke vat om die vlamme te blus.
Ons altwee proe die Soba. Dit het ‘n stuk wit iets in met ‘n pink spiraal op. Vir mense met ‘n braaivleis en pap agtergrond is Soba soos Monty Python sou se; “now for something completely different.” Op die oog af lyk dit soos gewone noodles in ‘n sop. Dit proe anders / snaaks. It’s an acquired taste, to put it mildly. Ons besluit ons gaan niks laat mors nie en iemand moet dit eet. Ons kry konsensus; ons moet Ching-Chong-Cha vir wie dit alles moet eet. Ek begin myself geestelik voorberei vir die kwaaiste CCC stryd van my lewe. Hierdie is sekerlik lewe en dood. Ingrid is net so opgewerk. Daar kom ‘n aankondiging oor die luidspreker dat Spring Airlines oop is vir aanmelding. Dis miskien die beste nuus van die dag. Ingrid vat vinnig die lee bakke en die twee vol Soba’s counter toe. TRUCE. 
In die ry is ek by verre die langste, en Ingrid die tweede langste tussen die 100 mense.
Spring Airlines, anders as Air Asia laat jou nie betaal vir tasse in die buik van die vliegtuig nie. Jou TOTALE, ALLES in gewig (insluitend laptops, handsakke en alles in die buik) mag nie 15 kg per persoon oorskrei nie. Dis min vir gewone reisigers maar ons reis gewoonlik net met handbagasie en ons was op 25 kg saam.
Ter opsomming van Tokyo:
Ons was in ‘n budget hotel (Weekly Mansion Asakusa) in die noordooste van die stad. Dit was gerieflik naby twee goeie treinlyne en die kamer was BAIE klein, maar het internet kabel gahad en was self catering. Dit was baie goedkoop vir Tokyo teen R600 per nag vir 4 nagte. Kos en drinks was seker R150 per persoon per dag, maar ons het maar partykeer noodles geeet. (So R20 by die convenience stores) en BAIE van die R14 1-liter sappe gekoop. Die sap was ons stapel voedsel. Die sushi het ons bietjie gekos (seker R450 vir twee maal) maar ons het tempels, museums, plekke en kruisings gesien sonder om vir iets te moes betaal. Ingrid het wasgoed gewas vir R50 en ons het twee maal die TOEI pas gekoop vir R50. Ek sal die TOEI pas voorstel vir so 3 dae en die JR pas vir ‘n ander dag. Dan moet jy dissipline handhaaf en met ‘n plan sightseeing doen. Dit hang ook af waar jy bly. Eintlik was Tokyo nie so duur nie… (Never thought I would say that…) Ek dink ons het vir onder R1000 vir die twee van ons per dag uitgekom. Ons het ‘n kamera ekstra gekoop en sushi geeet, maar verder was dit as pakket nie SO duur nie.
Die vlugte Shanghai toe was omtrent R1,000 per persoon. Die Japan vakansie detour het ons dus omtrent R6,000 ALLES in gekos vir 4 dae. Ek dink dis ‘n bargain. As jy op langafstand treine (200 km+) gaan begin ry lyk dit my raak dit nogal duur.
Ons wag nou in die lughawe wagkamer. Ingrid gaan vir ‘n laaste maal ietsie by die Bending Machine haal voor ons klim.
Ons Best-and-Worst of Tokyo:
Best. Die Tsukiji vismark was awesome. Yoyogi Park was ook baie mooi. STOP PRESS. STOP PRESS. We have winner. Net voor ons vlieg gaan Ingrid badkamer toe. Sy oortuig my ek moet ook gaan. My lyf hou meer as die munisipaliteit se honeysucker, so ek hoef nie regtig nie. Maar sy vra mooi. In die badkamer is die DELUXE model van die Executive range toilets. Ons praat hier van ‘n toilet met ‘n ingeboude holspuiter met 7 pressure en temperature settings, ‘n “powerful deodorizer” (their words not mine) en karoake musiek speel option. Ek is nie bang wat ander mense dink nie, maar om musiek by jou troon te speel in ‘n lughawe restroom was bietjie te veel. Maar ek het al die res gedoen! I gotta have me one of those! In die vliegtuig na die tyd wonder ek en Ingrid hoe hy so dodelik akkuraat spuit. Ons praat hier KOLSKOOT! Ons wonder of hy ‘n oog het. Volgende keer sal ons rondskuif en kyk of hy nog so reguit spuit. Jy kan ook besluit waneer hy genoeg gespuit het, so party mense bly seker effe lank op die troon met die ding.

Worst. Kommunikasie was ‘n groot probleem. Baie groter as wat mens dink of jou kan voorstel.
Beste kos: Halfprys sushi by Koei.
Beste drinks: Kirin Bier op pad huis toe na ‘n lang dag.
Slegste kos: Soba
Slegste drink: Ingrid se complimentary groen tee by Tsukiji. “Try it, you will like it…”. Sy het dit gedrink omdat sy van die teepot gehou het. I wish that was not true…
Op pad Shanghai toe vlieg ons met die lengte van Japan af om dan ‘n kort hop oor die East Chian Sea te maak Shanghai toe. Die gewone vlugte begin by R3,000 en hierdie een is minder as R1,000. Dis die eerste internationale low-budget vlug in Japan in. As jy voorheen nie die R3,000 kon betaal nie moes jy R1,500 vir ‘n 30 ure ferry betaal. Die vliegtuig is vol en ek reken die dae van die ferry en van R3,000 kaartjies is getel. Dit gese is hierdie die kleinste seat wat ek nog ooit op ‘n vliegtuig gehad het. Alle kommunikasie, papiere, notas, boeke is in Sjinees. Nie en woord Engels nie. Op Tokyo se subway het jy darem so partymaal ietsie Engels gehoor. Die vliegtuig is ‘n Airbus A-320, dieselfde wat meeste van die ander low budget ouens gebruik, maar ek dink met die 15 kg bagasie en die feit dat Japanese en Chinese lyk my almal minder as 45kg weeg pak hulle meer mense in.
Toe ons naby Sjina kom buk die twee hosts laag in die gangetjie en daar kom ‘n afkondiging dan almal nou saam moet Yoga doen. Dis die reine waarheid. Hulle doen moves met rek-en-strek wat die sirkulasie bevorder, die puffiness onder jou oe uitvryf en die spatare op jou dye masseer. ‘n Goeie 5 minute workout. Dis is die eerste keer wat ek so iets op ‘n vliegtuig sien.
Ons land in Shanghai. Die terminaal is so groot soos OR Tambo lughawe. Daar is 4 terminale wat ek kan sien. MASSIVE. Ons land by Pudong Lughawe, en daar is ‘n tweede lughawe (Hongqiau) ook, wat bietjie kleiner is. Shanghai is die grootste stad ter wereld met omtrent helfte van die populasie van die hele Suid Afrika. By doane tel ek probleme op as gevolg van my besoekie aan die barber in Kuala Lumpur. Ek het nie meer die baard van die Visa nie. Dit veroorsaak konsternasie. Ek vat 10 minute om my stamps te kry.
Ons stap na terminaal 2 toe om met die Maglev trein te ry. Kaartjies is R60. Die trein ry 450 km/h. Dis die vinnigste trein op aarde. Hy het nie wiele nie en loop op ‘n magnetiese veld. Ons klim en wag. Die sekuriteit is soos by ‘n vliegtuig. Lyk my hulle probeer krag spaar want hy ry vandag slegs 300 km/h. Die trein draai 45 grade op sy sy deur die draaie.
Ons klim uit by Laoling stasie en soek ‘n taxi. Die een man wil ons R200 vra om ons na die hotel toe vat. Ons koop McDonalds want Ingrid is bietjie skrikkerig vir die Chinese kos. Dis goedkoop. ‘n Bedelaar loop ongestoord kringe deur die restaurante by die stasie. Die polisie gryp vir Cheeky Chen in sy pastel blou suit agter die skouerblaaie. Hulle sleep-lig hom so van die vloer af dat hy een tree gee vir elke drie van hulle. Weet nie wat hy gedoen het nie.
Ons wil East-Nanjing Pedestrian street toe gaan. Ons hotel is daar. Die ondergrondse trein kaartjie is R10 vir ons twee saam (vs R180 vir die taxi). Ons praat oor die stasie naam en ‘n “dowe” man kom help ons met die masjien. Hy weet waarheen ons wil gaan. Miskien is dit ESP…
Die trein is vol en vinnig. Ons klim uit by East Nanjing Road. Dis net ligte en winkels. Baie, baie besig.
Ons kry ons hotel na ‘n kort soekie. Dis omtrent 100 meter van die stasie af. Die hotel is bietjie oud maar skoon. Die kamer is klein bietjie groter as die een in Japan, maar nie baie nie! Ingrid gaan sit op die bed. Sy staan op en kyk of hulle nie vergeet het om die matras op te sit nie. Dit klink of sy op die base gaan sit het. Die bed is kliphard.
Ons gaan stap ‘n draai in Nanjing Road. Polisie orals.
Daar is KFC, McDonalds en al die ander hoof kos chains, maar dan ook die Sjinese brands wat ons nie ken nie. Die polisie probeer die “probleem” mense beheer, maar oral is mense wat diskreet na jou toe kom en wil horlosies, klere, elektriese rollerblades en allerhande liggies verkoop. Dis irriterend.
Ons eet vir R25 ‘n chocolate soft serve (Ingrid) en ‘n jumbo Sprite (ek) en seker die grootste hoenderbors wat ek nog ooit gesien het by KFC. Dit het amper soos ‘n kalkoenbors gevoel, maar baie lekker. Toe ons by die kamer kom skuif die tweede ‘besigheidskaartjie’ onder die deur deur. Dames wat hulle dienste formeel aanbied. Dis wat mens ‘direct advertising’ noem.
Die stort is baie lekker maar mens kan nie die water uit die krane drink nie. Sjina voel vir my baie meer Engels gerig as Japan. Meer mense verstaan jou.
Ons raak vinnig aan die slaap rondom 22h00. Ek waarsku Ingrid om nie haar kop teen die matras te stamp nie. Dis soos om op die teer in die pad te slaap.