OK. Die moderne man werk baie hard (veral ek), en daai Blackberry veroorsaak dat mens non-stop op call is. Werk veroorsaak situasies, situasies veroorsaak stress, stress veroorsaak spastiese kolon. There, I have said it. Spastiese Kolon, Irritable Bowel Syndrome, IBS. As ek moet kies tussen ‘n hartaanval en spastiese kolon kies ek spastiese kolon.
Dit het begin met maagpyn.
Ek’s eintlik so fiks soos ‘n viool en meestal sonder skete. Af en toe Man-Flu, maar dis normaal.
Dokter reken ek moet op my rug le dat hy mooi kan kyk wat’s fout. Hy klop my maag (“Ek weet hy lyk soos ‘n bongo-drom broer, but show some restraint!”). Meet my bloeddruk en toets my pols. ‘Ek is jammer om U mee te deel, maar U sal ‘n PROKTOLOOG moet gaan sien.’ Ek begin dink aan one-liners, maar hulle werk altyd beter as jy nie die butt-of-the-joke is nie.
Ek reken “Kom ons try eers Gaviscon, ten minste hoef jy dit nie in jou hol op te steek nie.” Daai ou in die advertensie se oe lyk nes myne voor hy die Gaviscon drink, en daarna lyk hy fine. Ek wil definitief dit eers probeer. Definitief.
Dokter reken sy vriend is baie professioneel en hy het mooi dun vingers. SOLD! Sy naam is Dr Hugo van Acht en hy is in die MediClinic. Ek kan hom volgende week sien. Toe ek by die huis kom bel ek vir Theo. Ek kan met hom oor sulke goed praat. Hy het baie meer stront (Freudian slip!) in sy kak (Freudian slip!) familie. Ek vertel hom van my afspraak en dat dit nie my idee van pret is nie. Hy reken “Se vir Dr You-Go van Agter, Hierdie is nie ‘n sosiale besoekkie nie. Een vinger op ‘n slag, geen hande op my skouers nie (veral nie altwee gelyk nie!) en BAIE K-Y. BAIE K-Y!!! Hy reken ek moet eintlik my eie K-Y saamvat en self soort van “self-medicate’ net om seker te maak dat daar is nie enige haakplekke nie. Mens kan se dis vir therapeutic reasons en dit dan op jou over-the-counter mediese fonds kry.
Ingrid vra my die oggend waarheen ek gaan. ‘Speedy…Ja…Die Exhaust plek.” Volgende week sak ek by Dr van Acht se kamers uit. Mens se realiteit is ‘n dun, smeebare lyn. Twee weke terug moes die maagpyn net weggaan. Nou wens ek ek kan net huis toe gaan en my maagpyn in vrede geniet.
As jy skeef is is die wagkamer by ‘n proktoloog net die plek om Mr Right op te tel. Nie een van die 9 mans en twee vrouens wil hier wees nie. Ek dink ‘n proktoloog is scary vir die gay dudes ook. Die ouens is nie OPENLIK, OPENLIK gay nie, maar die musiek in die wagkamer het Moulin Rouge, Chicago en Rent op repeat en almal behalwe twee (ek en ‘n ou met ‘n boilermaker jumpsuit) murmur die woorde saam. Ek sit en wag vir YMCA op in die shuffle in te kom. “Young man, they have everything to enjoy, you can hang out with all the boys, Young man…”.
Daai manne het probleme met hulle plumbing systems, maar hulle kan nie claim nie a.gv punt 2.3 in die manual; “Warranty will be void if the part is used outside the intended design parameters.” Amper soos as jy kla dat jou Porche nie 250 wil doen nie, maar jy ry heeltyd in reverse.
Gay ouens kyk na hulleself. Ons ouens wat chicks like se strategie is as volg:
- Kom in peak physical shape.
- Tel ‘n chick op
- Trou met haar
- Get out of peak physical shape.
- Lyk pap in die skool terwyl jy wonder of jy gay is.
- Herken jy’s gay
- Kom in peak physical shape en ontwikkel ‘n sparkling personality.
- Tel onmeetbaar baie chicks op
- Breek al hulle harte. (Hulle settle dan vir second best…’n straight man)
- Stay in peak physical shape deur impeccably aan te trek, perfekte personal grooming en Yoga.
‘U is volgende’. Gewoonlik is dit baie welkom om uiteindelik ingenooi te word by die wagkamer. Vandag is anders. Onwillekeurig punt my tone buitentoe en ek stap soos ‘n eend. “Sodat ek beter kan knyp, my kind.”
“Sit,” Dr van Acht is kort, bles en kordaat. Hy stap met ‘n “Charlie-Chaplin-tipe” reguit bene en kort vinnige tree. My GayDar gaan oorverdowend af. Miskien is dit ‘n false reading, wan’t hy’s geprogram om te fokus op mans wat aan my gat wil vat. Smaaklikhede en dekorum verander in onsmaaklikhede toe hy my vra vir ‘n sneak peak. “Jy mag kyk maar jy mag nie vat nie.” Hope springs eternal. “Wees versigtig, dis regtig my eerste keer…”
Terwyl ek uittrek trek hy sy gloves aan. Ek werk aan ‘n exit strategy. Wat kan ek NOU doen om hierdie te vermy. Ek sukkel om my boxer uit te kry want hy is vasgeknyp tussen my panic attack knyp boude. Soos ‘n vice. “Draai jou voete binnetoe.” Hierdie ou is ‘n pro, want toe ek my voete binnetoe draai gaan die vice oop. Heeltemal kaal, exposed en oop. Wel, nognie heeltemal oop nie, maar amper.
“Dude, as jy so hou van diep, donker gate hoekom het jy nie mynbou studeer nie…? As jy dan by die huis kom skel jou vrou jou uit omdat jy soos sweet ruik en daar steenkool onder jou naels is. Waar nou…Wel…?”
My paranoia is duidelik baie snaaks vir die dokter. Hy glimlag.
Miskien is die nie ‘n glimlag nie…miskien is dit ‘n grinnik, soos daai Josef Mengele grinnik op die ou fotos. ‘Here, nee! Dis ‘n Grinnik!” Hy kom nader.
Sy vingers trek die onderste rekkie van die handskoen met ‘n klap af. “RRReady?”
Soos Malema RRRRevolutionaRRRRRRRy se. Lang rol van R’e.
‘Buig asseblief vorentoe.’ ‘Ek sal buig, maar ek gaan nie my liefde bewys nie.’
‘Meneer, U het ‘n ernstige kleurlose afskeiding in U anus area. Dit is baie ooglopend en onnatuurlik. Ons sal daarna moet kyk.” Punt 1; JY KYK KLAAR DAARNA. Punt 2; That would be the self medicated K-Y. Punt 3; Moenie opgewonde raak nie, dis vir therapeutic reasons daar.”
Hy sit ‘n spieel voor my neer en bring ‘n spieel van agter. Dis toe dat ek my gat sien. Net voor hy begin met die Holdokter Hokey-Pokey; “You put your left hand in, you pull your left hand out…”
Tjoef-tjaf is die ondersoek oor. Die dokter wil my hand skud toe ek uitstap en ek gee hom my elmboog, soos as mens se hande vuil is. “Trek uit die glove dude!”
Die tannie voor soek R600. Ek haal my beursie uit en knipoog terug vir die model wat vir die Statue of David gepose het. Ek dink ek het sy dag gemaak.
Op pad terug huis toe begin ek bietjie K-Y Overdose kry soos dit teen my bene afloop. Dis toe dat ek die circle of life beter verstaan.
In die wereld werk ons almal saam. Party mense maak ons kos, party mense maak ons karre en party mense maak ons omgekrap as hulle hulle vingers in ons holle druk.