Hierdie is ‘n ernstige post.
As jy iets ligs soek om jou te laat smile kyk Golden Lions Rugby re-runs.
Ek onthou nog hoe bly ons was toe die Pick&Pay Hipermark in Brackenfell oopgemaak het. Ons het uit Stellenbosch uit gery met ‘n blou Mazda 323 (voor my ma hom in die Braak teen ‘n unlicensed driver gewipe het) en ‘n sleepwa gaan shopping doen. My ma het tot lyste gemaak. Ons was so chuffed want nou hoef ons nie meer OK Bazaars in Hoofstraat langs die Rennish skool toe te gaan nie.
Min het ons geweet…
As my ma haar besigheid wegvat by ‘n retailer vou hulle. 2 jaar later het OK Bazzars toegemaak. Dit was die laaste keer dat ‘n retailer in Suid Afrika gevou het. Hoe is dit moontlik? Hoe kan Checkers, Pick&Pay, Makro, Metro, Spar, Woolworths en Game almal net survive. Niemand maak ooit ‘n verlies nie. Almal maak net altyd wins. Cosy. Warm. Vriendelik….TE vriendelik…?
Die volgende keer wat Raymond Ackerman op die TV staan en ewe vroom vir almal vertel “ons maak 3% wins”, se vir hom : RAYMOND, JY PRAAT KAK!
Woolworths vat 50%, ons is in hulle besigheid. As jy ‘n organiese sap op die rak sien vir R23 per liter kry die boer R2 daarvan.
Pick&Pay Picks, but they don’t pay. Hulle betaal 90 dae as jy gelukkig is. Dieselfde met Checkers. Op 90 dae vra hulle jy moet weer ‘n invoice uitreik want die eerste een is weg.
Daar is een rede daarvoor. Almal stock dieselfde goed, want geen mikro onderneming kan bekostig om hulle minimum volumes te doen nie.
Mens sien dit nie in Suid Afrika nie, maar in Europa is daar nie Mrs Balls Chutney wat alles dominate, of drie brood kartelle wat die hele land bedrieg nie. Jy kan klein wees en net jou dorpie supply, en so werk in jou dorpie hou en mense ontwikkel. Daar is baie meer besighede wat net lokaal operate.
Die volgende keer wat jy bly is oor ‘n groot shopping center oopmaak kyk na die volgende:
-Al die Restaurante behoort aan dieselfde chain
-Al die supermarkte stock dieselfde produkte, wat deur dieselfde maatskappye gemaak word
-Daar is geen locally produced items op die rakke nie. Die goed word ‘iewers’ gemaak, ingery met ‘n trok en verkoop. So bly arm gemeenskappe arm en massa korporasies word ryk.
Ons kan dit verander deur meer te begin belangstel in die lokale verskaffers van produkte (Vleis, vrugte, groente, heuning, water, wasmiddels, toerusting, dienste).
Hou net op om water te koop wat van Paulpietersburg aangery word (1,600km) (Valpre) Â en heuning van Brazil. Hou op om hoenders te koop wat in fabriekplase in Johannesburg vervaardig word te koop en koop by die local tannie free-range.
So het almal inkomste en so het almal trots. Ek reken dis die twee goed wat ons die meeste nodig het.