RSS

unpeecee

Ek is Un-Politically Correct.

 

Ek se wat ek voel gese moet word en hoe ek voel dit gese moet word.

 

 

8 Responses to unpeecee

  1. Louis Marais

    Augustus 2, 2011 at 1:05 nm

    Kom ek skryf jou bladsy in meer korrekte Afrikaans vir jou oor, dit lyk my dit is nie net jou sosiale vaardighede wat skipbreuk ly nie.

    “My blog is unpeecee omdat ek ‘n probleem het, my probleem is dat ek nie eerste in die ry gestaan het toe die Here vir almal breinselle gegee het nie. My idee van reg is aanstootlik teenoor my mede Afrikaner, nie omdat ek vloek of siek grappies maak nie, maar omdat my sosiale vaardighede beperk is en omdat ek anti-Afrikaner sentimente deel net soos Naspers en die oorgrootte media in Suid Afrika.”

     
  2. Louis Marais

    Augustus 2, 2011 at 1:06 nm

    En nou gaan jy seker nog sensuur ook toepas, net soos Naspers en die res van die Media!

     
  3. unpeecee (Un-Politically-Correct)

    Augustus 2, 2011 at 7:15 nm

    Vir Louis,

    Ek is ‘n Afrikaner. Dit wroeg my as ander Afrikaners vir my wil voorse hoe ek as Afrikaner moet optree en hoe ek moet dink. Indien mense nie hou van hoe ek my Afrikanerskap uitleef nie moet hulle ‘n volksvergadering hou, standaarde vir Afrikanerwees opstel en op grond daarvan my insluit of uitsluit.
    In 1734 het my voorouers (2 Brink broers) op die Walrus in Dassen-eiland gestrand. Daar was nie genoeg blanke vrouens nie en die een het teruggekeer na Holland terwyl die ander een met van die bruin mense getrou het. Ek is ‘n kleurling.
    My ander voorouers het by Dordrecht in die Oos Kaap geboer as menslike skilde tussen die kolonie en die Xhosas. Die stamvader het in 1672 op die Meermin in Kaapstad geland en in Wellington begin boer.
    My oupa (Hendrik Brink) het Trustbank en die Reddingsdaadfonds gestig om Afrikaners op te hef. Hy het in Woolworths gestaan en protesteer om in Afrikaans bedien te word en Federale Volkbeleggings gestig om die Afrikaner ‘n toegang tot kapitaal te verskaf. (Hy was ook seker ‘n kleurling…) Bertie Brink was ‘n stigter van die Randse Afrikaanse Universiteit en Afrikaner Werkersbeweging, en was die predikant wat die Voortrekkermonument oopgemaak het. Sy oupa was Onze Jan Hofmeyer, stigter van die Broederbond en Afrikanerleier in die Kaap.
    My ma se oupagrootjie was Danie Theron, stigter van die Rapportryers wat by die slag van Paardeberg tussen die Britse linies deurbeweeg het om boodskappe te stuur.
    Naspers is gestig om Afrikaners weer ‘n stem en hoop te gee, en het die Afrikaner verneder, verkleineer en verwronge gevind in 1914 en ons op die pad gehelp om een van die mees gerespekteerde nasies op aarde te word. My oupa was stigtersdirekteur van die maatskappy.

    Ek was in Casspirs in die lokasies in die vroee ’90′s, en ek weet dat oorlog geen oplossing vir enige probleem is nie. Mense wat oorlog voorstaan (Malema en sommige ver-regse en linkse groepe, blank en swart) was bykans voor die voet nognie in ‘n oorlog nie, en het geen idee wat in ‘n oorlog gebeur nie. Jou kind word uit ‘n kar getrek en deur die kop geskiet, jou ma word verkrag en jou huis en besigheid word afgebrand dat jy letterlik niks het nie. LETTERLIK niks. Een hemp, een broek, een paar kouse en een paar skoene. Jou kredietkaart werk nie want die bank is oorgevat. Voor mense oorlog praat moet jy eers een hemp kies, een broek, een paar kouse en een paar skoene. Dra dit vir 24 uur sonder enige kos en besluit of dit nodig is vir oorlog. Vra vir die ouens in Sarajevo, Bam, Maxixe of Srebrica hoe dit is om niks te he nie.

    Ek voel ek is ‘n bloubloed Afrikaner, en as daar ‘n Afrikaner koningshuis was, was ek waarskynlik iewers ‘n prins.
    Ek is besonder trots om ‘n Afrikaner te wees, en ek is besonder trots op die rol wat my voorouers in die ontwikkeling van die Afrikaner nasie gespeel het.
    Daar is miskien dinge waaroor ek meer trots is. Bertie Brink het in 1960 protes aangeteken teen aparte kerkdienste, ‘n posisie wat hom teen Andries Treurnicht in konflik laat kom het. Slegs die duiwel verhoed mense om te kan bid waar hulle wil. Slegs die duiwel verhoed mense om te kan bid waar hulle wil. Slegs die duiwel verhoed mense om te kan bid waar hulle wil. Slegs die duiwel verhoed mense om te kan bid waar hulle wil…
    My oupa het besighede op die Kaapse vlakte gefinansier om die kleurlinggemeenskap op te hef. My pa het in beursfondse, skole, opleiding en ontwikkeling van alle rasse in Afrika gestig tydens sy rol by die Kamer van Mynwese en ek het opleidingsstrukture by my maatskappy gestig waar ons fantastiese vakleerlinge (blank, swart, bruin en indier) opgelei het. My huidige maatskappye in Suid Afrika en Mosambiek behandel alle mense voor die voet voortreflik.

    Ek is ‘n Afrikaner, en my volk voel soos ek. Ons is deel van Afrika, en Afrika is deel van ons. Niks kan my losmaak van Afrika nie, maar niks kan ook Afrika losmaak van my nie. Ek kan nie weghardloop van my medemens wat voor my hier was nie. Sonder die Afrikaner is Suid Afrika niks. Sonder Suid Afrika is die Afrikaner niks.

     
    • Louis Marais

      Augustus 4, 2011 at 9:12 vm

      Net die feit dat jy jou bladsy herskryf het bewys jou teenstrydigheid, en jou redenasie vermoens bewys jou intellektuele kapasiteit. Ek stel voor jy gaan sien ‘n dokter want jy is daarby of disleksies, of jy stotter.

       
      • unpeecee (Un-Politically-Correct)

        Augustus 5, 2011 at 5:04 vm

        My familie het ‘n geskiedenis van betrokkenheid by die die Afrikaner se welstand wat meer as 200 jaar strek. Nie praatskole, dinkskrums of ideologie nie, WERK. Harde werk.
        Die volkstaat is ‘n edel idee, amper soos die drome van vryheidsvegters die wereld oor. Gaan na die volgende vergadering toe en vra die volgende:
        -”Sal een van die afgevaardigdes asseblief vir my aandui watter WERK (nie PRAAT nie) al gedoen is oor die lewensvatbaarheid van ‘n Volkstaat onder die volgende hoofde:
        -Grense. Ek is moeg om te hoor van die Volkstaat asof dit een of ander verhewe platform iewers gaan wees. Gee vir my die koordinate sodat ek op Google Maps kan gaan kyk.
        -Water. Sonder water is daar niks. Waar gaan 1 miljoen plus mense water kry by Orania?
        -Teiken populasie wat welkom gaan wees. Gaan ek welkom wees met my blasserige vel oor die probleem in 1734? Gaan ek welkom wees as ek Sondag middag golf speel? Ek hou van dans, mag ons dans? Wat van mense wat nie aan ‘n kerk behoort nie maar wat Afrikaners is? My vrou is Duits. Is sy welkom? Gaan julle Japanese toelaat as blankes (soos tydens apartheid) maar nie Chinese nie? Wat van iemand wat se oupa ‘n kleurling was maar die res blank? Wat van Afrikaner Sataniste? Wat van mense wat vir Naspers werk? Blanke Portugese? Hulle is partykeer baie bruin…

        Ek vra hierdie vrae want in Ierland is almal Iers, blank en Christene, maar hulle fight oor in watter kerk jy is. Ek wil nie he ek moet trek en dan mag ek nie grootdoop nie!
        In Irak is almal Moslem maar dit hang af watter Sufi jy ondersteun.

        In Afrika slaag die praters min. Daar is genoeg mense wat probeer om met filosofie brood te bak.
        Hier is vir jou ‘n paar FEITE oor die regering waaroor jy so baie haat dra:
        -Afrikaner werkloosheid is minder as 5%. Daar is tans geen groep in die wereld wat so ‘n lae syfer het nie.
        -Afrikaners se opvoedingsvlakke is na Singapore en Kanada die hoogste ter wereld.
        -Jy is nog nooit tydens nie nuwe regering verhoed of om enige rede belet om kerk toe te gaan nie. In teenstelling met meer as 50% van die wereld se bevolking.
        -Jy is nog nooit gedwing om te bly waar jy nie wil nie.
        -Belasting het met 7% afgekom sedert Apartheid.
        -Afrikaner lewensverwagting het met 3 jaar gestyg sedert Apartheid.
        -Afrikaners beset 56% van al die direksies op die JSE.
        -Afrikaners se kwaliteit van lewe is volgend PWC die hoogste in die wereld.
        -Geweld was die afgelope 5000 jaar deel van Afrika. Afrika (en Suid Afrika) behoort nie aan jou nie. Dit behoort ook nie aan my nie. Dit behoort ook nie aan Thabo Mbeki of Sipho of Abdullah nie. Dit behoort aan ons almal, en ons drome is in die sand van die Kalahari en in die modder van Mtunzini vas. Sodra ons besef elke pa en ma in hierdie land wil in sy eie huis bly, sy kind warm bad, kos gee en dan na ‘n goeie skool stuur is die land gered.

        Danie Theron het besef dat alles verlore is as hy nie sy lewe waag nie.
        Hendrik Brink het besef dat blankes in die algemeen en Afrikaners spesifiek van die honger sou doodgaan tydens die depressie en het Sanlam, Reddingsdaadfonds en Trustbank gestig (nie gepraat om Trustbank te stig nie, actually iets daaroor gedoen). Die Reddingsdaadfonds het 44 sopkombuise rondom die Kaap bedryf om vir mense kos te gee. Sanlam het ontwikkel tot ‘n reus in die ekonomie wat primer Afrikaner belange ondersteun het. Ons ou mense se aftrede is verseker deur Sanlam.
        Sonder Bertie Brink sou mense gedink het dit is aanvaarbaar om te weier dat iemand van ‘n ander kleur langs jou bid, asof jou God beter of meer verhewe as sy God is.

        Dit is die agtergrond waarteen ek my bladsy verander het. Ek het die Afrikaner se welstand in my bloed. Dis deel van my bloudruk. Toe ek gesien het watse absolute haat begin om ‘n deel van die Afrikaner se siel oor te neem het ek besluit om my fokus te verander. Ek het my bladsy verander na ‘n meer ernstige trant omdat ek verantwoordelik voel (nes my voorouers my gewys het) om die haat aan te spreek en die bom te ontlont.
        Ek is van die pragmatiese Afrikaners.
        Die Afrikaners wat weet dat die enigste oplossing vir ons almal is om hande te vat, mense op te hef en mense met respek te hanteer.

        Jy was te jonk vir Boipathong, Merryvale en Mamelodi, jy lees van goed in boeke wat ek gesien het. Mens hoef nie slim te wees soos jy om agter te kom as iets nie werk nie. Haat werk nie. Nerens nie.

         
  4. Louis Marais

    Augustus 5, 2011 at 11:26 vm

    nou gaan ek weer jou feite tot niks maak, jy kop is seker baie plat, of het jy ook in die apartheid jare bantu onderwys gekry.

    Fout nommer een:
    “Afrikaner werkloosheid is minder as 5%”
    Dit is onwaar, daar is omtrent 600 000 Afrikaners wat lewe in plakkerskampe van die ongeveer 4 miljoen Afrikaners. So al wat jy moet doen is ‘n eenvoudige wiskunde berekening van 6/40*100 = 15%.
    Fout nommer twee:
    “Jy is nog nooit tydens nie nuwe regering verhoed of om enige rede belet om kerk toe te gaan nie. In teenstelling met meer as 50% van die wereld se bevolking.”
    Dis waar, maar BEE verhoed my om ‘n werk te kry waarvoor ek meer as genoeg geskik is, net omdat ek wit is.
    Fout nommer drie:
    “Belasting het met 7% afgekom sedert Apartheid.”
    Maar voedsel pryse en werkloosheid het verhoog. http://www.bloomberg.com/apps/news?pid=newsarchive&sid=aoB7RbcZCRfU

    “Afrikaner lewensverwagting het met 3 jaar gestyg sedert Apartheid.”
    Waar kom jy aan die twak, gaan lees gerus hier: http://www.genocidewatch.org/images/Countries_at_Risk_May_2011.doc

    “My familie het ‘n geskiedenis van betrokkenheid by die die Afrikaner se welstand wat meer as 200 jaar strek.”
    En nou dink ek dit is tyd vir jou en jou familie om saam met die broederbond vir julle ‘n gat te grawe want julle is oudtyds en oor die muur. Jy hoef ook nie te stres oor die haat en die lont nie ek is nog jonk en baie voel soos ek, miskien sal die haat ontlont wanneer jou swart boeties ophou die Afrikaners marginaliseer, verkrag en slag soos diere.

    Jy moet onthou ek het niks met apartheid te doen gehad nie! Ek dink aan nou en die toekoms en wat in die land huidiglik aangaan is niks anders as om apartheid op sy kop te draai nie. Daar het al klaar meer Afrikaners omgekom in die 20jaar van reenboog nasie as teenoor die swartes in die apartheid jare.

    So jy kan jou Anti Afrikaner sentimente diep gaan druk.

     
    • unpeecee (Un-Politically-Correct)

      Augustus 5, 2011 at 2:32 nm

      Is plaasmoorde ‘n realiteit? JA. Ek weet, want ek het saam met my skoonpa (‘n boer) in 1994 agter op ‘n bakkie gery en na aanvallers tussen die bome by Piet Retief gesoek. Ek het ‘n R-4 gehad, dieselfde een waarmee ek vroeer in die townships mee oorlog gemaak het. Die ouens is later doodgeskiet.

      Probeer om een dag op te staan en te se: “Kom ek kyk na al die faktore rondom my. Niks geskiedenis nie, net realiteit.” Dink dan wat is die beste kans wat jy en jou kinders het om suksesvol te wees enige plek. Is dit om ander mense te help, of om ander mense af te breek? Ek sal jou een realiteit gee. As jy dink die toekoms is in oorlog moet jy kies watter van jou kinders gaan sterf. Kindermortaliteit in oorlogsones is 26%. Ghadaffi het gister sy tweede seun verloor. In party plekke vang hulle jou onbeskerm (Bloukrans, Srebrenica, Goma, Katyn, Halabja, Kigali, Sarajevo) en dan maak hulle sommer almal dood. Mense dink jy het weke om bully beef en generators te koop. Mense kom by jou huis aan, sleep jou uit en skiet jou in die pad dood. Op dag 1. Ek persoonlik probeer dit vermy want ek was al in ‘n oorlog. Mense wat nognie in ‘n oorlog was nie dink miskien anders…
      Dis nie ‘n fout dat belasting met 7% afgekom het nie. Dis realiteit. Inflasie het niks met belasting te doen nie. Ek het 45% persoonlike belasting betaal in 1994 en 38% nou. Daar was 35% maatskappy belasting en 28% nou.
      Lewensverwagting is 72 volgens http://www.economist.com/node/16248681.lees onder op die bladsy. Dit was 69.4 in 1980.
      Baie mense is al gebreinspoel in die geskiedenis. Ek ry elke jaar ten minste 60,000 kilometer. Ons het verskaffers en kliente in Kaapstad, Augrabies, Kwa-Zulu, Tzaneen en Port Elizabeth. Ek het susters in Johannesburg en vriende in Pretoria. Is al my reise het ek nog nooit ‘n blanke plakkerskamp gesien nie. Ek se nie hulle is nie daar nie, maar iemand het een berig geskryf oor 600,000 mense en nou sit elkeen van die 30,000 Boere websites die berig oor en oor op. Dis bull. Hier is twee skakels van gerespekteerde bronne wat die ware toedrag wys:
      http://www.growthcommission.org/storage/cgdev/documents/LaborMarkets/Bhorat.pdf. Dit wys grafies dat as jy blank is en die moeite gedoen het om matriek klaar te maak jy werk sal kry. As jy verder geleer het is daar 800,000 vakatures in die ekonomie om jou te vat. ‘n kode 14 Trokdrywer verdien al R10,000 en daar is duisende vakatures.
      http://en.wikipedia.org/wiki/Demographics_of_South_Africa. Kyk onder Whites, Demographics. Daar is 4,1% werkloosheid. 99% van Afrikaners het flush toilette. Daar is nie flush toilette in die plakkerskampe nie. Danville en Parow is nie ‘n plakkerskampe nie. Daar was al arm blankes in 1850. In 1930 was Afrikaners teen die grond toe arm. Dit is nie ‘n ANC uitvinding om mense arm te maak nie. Afrikaner armoede (en armoede in enige kultuur) is ‘n realiteit. In Swede en Noorwee is daar ook arm mense wat van die staat afhanklik is.

      Ek het in 5 jaar in die nuwe Suid Afrika met net ‘n goeie naam (geen geld nie) die markleier internationaal geword in my segment. Die East Cape Devleopment Corporation (Regering) het my geld geleen. Die regering het my na skoue geneem om my produk te gaan uitstal. Daar was nie swart besighede daar nie. Groot paviljoene van Suid Afrikaanse produkte by SIAL in Parys, BioFach in Nuremberg, ANUGA in Cologne, Fancy Food in New York. Dit is die praktiese realiteit. Hulle het my gister gebel (ek het nie gesmeek nie) om in China te gaan uitstal. Eerstehandse REALITEIT.
      Maar Afrika is nie ‘n plek vir sit en praat nie. Mense wat sit en praat rondom khayas, maroelabome en braaivleisvure kom nerens. Afrika is ‘n plek waar jy self jou hande in die grond moet druk. Diep, tot die klippe jou sny. As jy vlak werk is daar niks.

      Ek is verseker nie anti-Afrikaner nie. As dit “outyds en oor die muur” is om vir mense om te gee is ek seker. As dit ‘outyds en oor die muur” is om werk te skep waar almal gelyk meeding is ek seker. Dit is outyds en oor die muur om konflik te soek as jy met ‘n goue lepel in jou mond sit. Dit is 1914 outyds, of 1939 outyds.
      Daar is 3 miljoen Afrikaners. Ek is teen die feit dat die 30,000 militante rassiste vir die ander 2 miljoen, negehonderd en sewentigduisend van ons wil leer hoe om Afrikaans te wees, asof die 30,000 een of ander uitverkore reg het op die woord Afrikaner, maar ek is veral teen die feit dat die ondeurdagte aksies van die absolute, absolute minderheid die res van ons onherroeplike skade sal aanrig.

       

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
Follow

Get every new post delivered to your Inbox.