RSS

Dit is waar ver regs jou bring

24 Feb

Ek skryf hierdie na gelang van die berig in vandag se Mail and Guardian. (Dis nie Naspers nie, so miskien sal die Wit Wolwe wat so aangaan oor Naspers, Kommunisme, die DA poster en die pienk Bul trui nie een of ander komplot sien nie) Hier is die artikel: http://mg.co.za/article/2012-02-24-the-kommando-camp-that-turns-boys-doubts-to-hate

Ek begin al hoe meer onderstroominge voel van die ver regse beweging wat vir ons probeer verduidelik dat om in klein homogene groepies wat net soos jy lyk en dink die oplossing vir wereldvrede is.

Dit is ‘n lang sin, maar dit is waarop die neerkom.

“As ek tussen mense bly wat net soos ek is gaan niemand ongelukkig wees nie.”

Teenoor dit staan die ander kant wat se

“As ons almal net saamleef en mekaar verstaan gaan al die probleme opgelos word. Ons moet net kommunikeer, dan is alles reg.”

Toe ek op skool en Universiteit was was almal teen kommunisme. Die Groot Rooi Euwel uit die Ooste. Ons is geleer om te vra; “Wys my een plek waar kommunisme gewerk het.” Noorwee, Swede, Finland, Kuba… (As jy natuurlik jou geld gebruik om Kuba tussen die bene te skop en dan vir almal te wys hoe stadig hy hardloop is die prentjie bietjie skeef.) Life expectancy in Kuba is hoer as in Amerika. Infant mortality is laer. Daar is meer gelykheid.

Aan die ander kant moes ons eindelik geleer het om te vra “Wys my een plek waar Regse beleid gewerk het.” Serwie, Israel, Kolombie, Nazi Duitsland, Suid Afrika, Swaziland.

Die antwoord is natuurlik nooit polities nie. Mense gebruik politiek en geloof om onmenslike dinge te verduidelik.

Mense probeer vir ons verduidelik dat ongelykheid wat deur patetiese onderwys veroorsaak word reggestel kan word deur ander mense se grond te vat.

Mense probeer vir ons verduidelik dat misdaad wat deur patetiese onderwys veroorsaak word reggestel kan word deur op hulle eie te gaan bly waar daar (tans) geen misdaad is nie. “As ons net van die kaffers af kan wegkom, want dit is net hulle wat so moor…” Sound familiar…?

Antigua is n eiland in die Karibiese see. So 100,000 mense. Tuiste van Sir Vivian Richards, Richie Richardson en Curly Ambrose. Hulle is omtrent 112% swart. Hulle moord syfer is laer as almal in Europa behalwe Finland. 500 km verder is Trinidad wat dieselfde profiel het en een van die hoogste moord syfers ter wereld het. 500km verder is Bermuda en daar is geen moord nie en almal ry vriendelik op scooters rond. Meeste mense daar is ook swart. Swart mense kan vreedsaam en vredeliewend in sameleweings bly. (ek weet iemand in Ventersdorp of Boksburg het nou amper sy valstande ingesluk toe hy dit hoor. Hulle is dan BARBARE!!) http://www.dailymail.co.uk/news/article-413738/British-businessman-victim-Virgin-Islands-murder-seven-years.html

Almal verskil oor hoe hulle dink, maar uiteindelik se John Donne dit die beste. “No man is an island.” (Behalwe Kulubuse Zuma wat so vet geword het dat hy sy eie protektoraat kan wees as hy in die see swem.) Ons is almal in die poel. Of jy dit like of nie.

Dit maak nie saak of jy ver-regs of ultra links is nie. As jy gaan baklei en baklei vir radikale denkwyses gaan jy soos Ghadaffi en Sadam aan jou hare uit ‘n seweragepyp uitgetrek word. Daar is altyd iemand wat moeriger as jy is, en wat harder sal fight. Een van my kennisse was onlangs in die tronk vir ‘n “indiskresie.” Buite was hy die meanste ou wat ek geken het. Hy het na 12 dae uitgekom as ‘n lammetjie, want die ouens daar binne was onmenslik erg. Onthou as ons oorlog maak, of as jy jou Carolina Wit Wolwe of Mamelodi Comrades loslaat is dit open season vir daardie deel van die samelweing wat geen norme of waardes handhaaf nie. Oorlog is ‘n plek waar die slegstes van die slegstes jou beste wapen word en waar alles wat jy gedink het waardevol vir jou is waardeloos word in hulle oe.

Dink bietjie daaraan voordat jy jou kind radikaal maak…

 

About unpeecee (Un-Politically-Correct)

Ek maak organiese sap in die Oos-Kaap. Ek reis BAIE in Suid Afrika en so 1 of 2 keer per jaar internationaal. Ek is 'n regte, rugbykyk, braaivleis, biltong, lyfstraf Afrikaner. Ek dink ek ken die siel van die Afrikaner en niks gee my meer genot om ons vooropgestelde idees te ontbloot en uitmekaar te trek nie.
2 Comments

Bygedra deur op February 24, 2012 in Uncategorized

 

2 Responses to Dit is waar ver regs jou bring

  1. alleman

    February 24, 2012 at 10:20 nm

    Dit is alles waar wat jy skryf. Maar ek het nie ‘n lekker gevoel oor die totale prentjie wat die M&G skets nie. Hulle is baie lief vir hierdie soort storie oor Afrikaners. Maar berig hulle op enige ander manier oor ons? Nie juis nie. Hulle het byvoorbeeld nie oor die sg Modimolle monster berig voor Biskop Tutu iets oor hom gesê nie. Hulle berig nooit oor plaasmoorde nie. Selfs nie eers die uitwissing van Willemientjie en haar gesin is oor berig nie. Nie eers een keer nie.
    Dit beteken vir my Afrikaners is nie deel van die M&G se nasie nie. Ons bestaan meesal nie vir hulle nie, of as ons bestaan, word ons gereduseer tot net twee soorte:
    1. Die verengelsde, “goeie” soort Afrikaner wat aan ‘n nuwe Engelse land werk, en wat saamgaan met die geleidelike maar volkome verengelsing van die SA staat en opvoedkundige instellings.
    2. Die wit ekstremis. Ek is seker hulle moet honderde stories van goeie Afrikaners wat goeie dinge doen oorslaan om en hulle moeg soek om hul kwota van hierdie soort stories te kan volmaak waaraan hulle so verslaaf is.

    Want hoewel hierdie wit ekstremiste elke vorm van kritiek en spot verdien wat hulle kant toe kom, is hulle baie raar. Glad nie deel van die gewone Afrikaner se verwysingsraamwerk nie.

     
    • unpeecee (Un-Politically-Correct)

      February 24, 2012 at 10:41 nm

      As jy onder die M&G artikel lees is my kommentaar daar onder DMGR. Ek skryf dieselfde as wat jou kommentaar is. Wit ekstremiste vorm minder as 1% van die Afrikaner.

      Ek skryf ook die Afrikaner is gatvol vir Willemientjies. Ons is gatvol dat goeie Afrikaanse skole in patetiese neste ontaard as “Engelse” studente geforseer word. Ons is gatvol dat Afriforum niks se oor hierdie tipe ver-regse groeperings en hulle destruktiewe gedrag nie.

      Ek is baie jammer dat selfbeskikking gekaap word deur ekstremiste wat dink Clive Derby Lewis en Barend Strydom is goeie rolmodelle. M&G moet koerante verkoop en dus skryf hulle sensasie.
      As jy onder aan die artikel lees is dit verblydend hoeveel wit en swart mense hierdie groep (en sy spieel Malema) verwerp en aandui dat hulle wil probeer om in vrede saam te lewe.

       

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
Follow

Get every new post delivered to your Inbox.