30 jaar van nou af, net soos vandag, gaan kinders vir hulle ouers vra wat hulle gedink het!
Ek het vir my pa gevra hoe dit moontlik is dat hulle kon stem vir iemand wat hulle verbied het om saam met ander rasse te bid. Afrikaanse mense het vir Verwoerd gestem nes Duitsers vir Hitler gestem het. Dit is euwel, en geen Ultra-Regse moet vir my se daar is ‘n hemel vir swart en ‘n hemel vir wit nie.
Ek soek Suid Afrika nes hy is, maar met ‘n baie goeie skool- en opleidingsstelsel om stelselmatig die probleme van ons verlede af te breek. Swart mense was nie geletterd en het toe ongeletterd geword as gevolg van Apartheid nie. Hulle was nie gelukkig, veilig en gesond en het toe ongelukkig, ruuf en siek geword as gevolg van Apartheid nie. Daar was geen grondregte, grondwet, wette, hospitale, opvoeding of paaie nie. Afrika was Afrika, en Suid Afrika was nie een of ander spesiale inham van vreedsame Utopia soos mense ons wil wysmaak nie.
MAAR
Apartheid was ‘n euwel en stomp mes om ‘n reuse probleem mee op te los. Daar is baie voorbeelde van suksesvolle kolonies (Mauritius, Martinique, Bahamas, Maleisie, Singapore, Bermuda, Antigua, Hong Kong, Sri Lanka) waar die inheemse mense welkom voel en waar geleenthede gebied is. Ons kon meer gedoen het met die geld wat ons gehad het om opleiding en ontwikkeling aan te help.
Malema en Verwoerd is twee kante van dieselfde radikale muntstuk.
Vandag pluk ons die vrugte van swak onderwys en opleiding. Malema is die produk van sistemiese onderdrukking en ‘n jeug wat geen uitkoms het nie. Is dit ons skuld dat die jeug ongeletterd en hopeloos is? NEE. Dit is die skuld van patetiese bestuur van die ANC regering.
Is dit ons skuld dat daar nie meer voices of reason onder die ouer garde is nie? JA! Sonder ‘n voice of reason is die grond geploeg vir ‘n bobbejaan soos Malema om te gedy. Mense het nie hoop nie en ons het nie ‘n Mandela wat ons hierdie keer sal uitbail nie.
Son
Junie 20, 2011 at 1:55 nm
Jy sê hier presies hoe ek al ‘n paar dae lank voel, maar nie geweet het hoe om te verwoord nie. Ek wil niemand haat nie, maar ek wil ook vir niemand bang wees nie. Ek ken goeie swart mense en ek ken slegte wit mense. Hoekom de hel kan ons nie net almal in vrede saamlewe en die slegte elemente (wat ookal hulle kleur) uitroei nie?!
unpeecee (Un-Politically-Correct)
Junie 21, 2011 at 4:23 vm
Ek is nie bang vir ras politiek by die stembus nie. Die dae van 2/3de meerderhede is vir altyd verby. Ek is bang vir ‘n popular revolt waar die veiligheidsmagte ‘n blinde oog draai en dit toelaat omdat hulle deel van die gepeupel is. Ons konstitusie is perfek en beskerm almal, maar as die strate brand en mense skiet mekaar uit haat is die grondwet toiletpapier.
ekkedink
September 8, 2011 at 9:25 nm
daarsy! stem 100%
murphy
Junie 20, 2011 at 3:08 nm
Dit het tyd geword vir SA’ers van alle groepe, kleure en gelowe om rasionaliteit te laat seevier en hierdie land vir eens en altyd uit die hand van die ekstremis te neem. n Teenrevolusionere revolusie.
pienkpantoffels
Junie 20, 2011 at 8:53 nm
Ek stem saam met Son. Wens almal kon net in vrede leef en saamwerk met een gemeenskaplike doel – die welstand van elke burger van Suid-Afrika.
jagternw1976
Julie 12, 2011 at 8:16 vm
Dis die probleem : Almal “wens”, “hoop”, “glo” maar niemand roer ‘n vinger nie.
Louis Marais
Augustus 2, 2011 at 12:55 nm
As jy iets wil skryf, skryf asb die waarheid wat gebasseer is op feite en nie jou eie mening nie.
Fout nommer een is:
Dit was nie Afrikaanse mense wat vir verwoerd gestem het nie, dit was die meerderheid Afrikaners.
Fout nommer twee: Geen ver-regse het nog ooit gese dat daar twee hemele is nie en ook nie verwoerd nie.
Fout nommer drie:
“Swart mense was nie geletterd en het toe ongeletterd geword”
Hoe kan die nie geletterde ongeletterd word?
Fout nommer vier:
“Ons kon meer gedoen het met die geld wat ons gehad het om opleiding en ontwikkeling aan te help.”
Wie is ons?
“Vandag pluk ons die vrugte van swak onderwys en opleiding.”
Meen jy dat dit die rede is hoekom 50% van Amerika se tronke uit negers bestaan alhoewel hulle net 12% van die amerikaanse bevolking uitmaak. Amerika het ‘n baie goeie onderwys stelsel en dit lyk my, dat dit nie eens help nie.
Fout nommer vyf:
“Is dit ons skuld dat die jeug ongeletterd en hopeloos is? NEE. Dit is die skuld van patetiese bestuur van die ANC regering.
Is dit ons skuld dat daar nie meer voices of reason onder die ouer garde is nie? JA!”
Nou vra ek weer wie ons is? Volgens jou is dit my en jou sklud omdat die ouer geslag van die ANC dom is maar nie die jonger geslag nie, dan is dit mos my en jou skuld omdat ons nie in die eerste plek hulle geonderrig het nie. Dan kan ons verder gaan en se dat dit eintlik maar net hulle eie skuld is omdat hulle voorouers in die eerste plek nie vir hulle onderrig gegee het nie. Hoeveel van hulle het voordat van Riebeeck Kaap de Goede Hoop toe gekom het bote gehad? Nie een nie, en hoekom het hulle nie hulle eie alphabet gehad nie? Omdat hulle in die eerste plek nie geletterd was nie! So neem jy maar die skuld op jou skouers, dis nie my skuld of enige Afrikaner se skuld nie dat hulle “stupid” is nie
Laastens ken jy geensins die Afrikaner se siel nie, en ek stel voor dat jy jou liewer bemoei met die verbouing van organiese sap en die kyk van rugby. En as jy dink Mandela was ‘n goeie mens dan moet jy nog minder in Afrikaans skryf, daar is genoeg van jou soort by Naspers.
Lees gerus die waarheid oor Mandela by: http://maraislouis.wordpress.com/2011/07/09/die-afrikaner-met-sy-rooskleurige-oogklappe/
Ek hoop dat jy sal dink voordat jy skryf, want jy klink, soos jy dit noem “ongeletterd”.
Dankie
unpeecee (Un-Politically-Correct)
Augustus 2, 2011 at 7:48 nm
“As jy iets wil skryf, skryf asb die waarheid wat gebasseer is op feite en nie jou eie mening nie.”
Dis my blog en dis my mening. Ek sal skryf wat ek wil in my blog. As jy nie hou van wat ek skryf nie moet dit nie lees nie.
ekkedink
September 8, 2011 at 9:28 nm
en daar kom spoel louismarais weer sy mond uit op ‘n ongemanierde arrogante manier….. shame, wonder watter seer hy in sy binneste ronddra…..