RSS

Maandelikse Argiewe: Junie 2011

Reis in Mosambiek

Hierdie is ‘n algemene reisgids vir Mosambiek tot by Morrumbene

Ek wil nie voorgee ek ken die land soos die palm van my hand nie, maar ek het darem ‘n idee van wat aangaan.

Ons maak organiese sappe in Inhambane Provinsie.

Kom ons begin by die begin. Ek was die eerste keer in 1996 in Mosambiek. Net vir die dag ingevlieg uit Jo’burg saam met Mike Teke, my eertydse baas. Hy het ‘n vriend gehad (Bee Bulunga) wat tans hoof is van een of ander staatsinstelling wie ons moes besoek. Mike is tans die incognito Don van Suid-Afrikaanse mynbou. Soort van ‘n Patrice Motsepe op Valium.

Ons vlieg op Aerolineas de Mozambiquas. Ek sit langs B.A Baracus, kompleet met die wit vessie, en goue jewellery. Die vlug begin met ‘n spectator-participation insekbeheer oefening. Almal word met Doom (of DDT) gespuit om die ergste insekte van hulle af te kry. Die lugwaard en sy ‘vriend’ stap is die gangetjie af met maskers maar ons kry niks.

Hoe nader ons aan Maputo kom hoe warmer raak dit. Iets fout met die aircon. B.A het ‘n body-odour probleem en sweet profusely. Dis ‘n kort vlug, maar herinner my aan my vriend wat in 1991 begin multi-racial rugby speel. “Voor halftyd ruik jy net Lifebouy, na halftyd ruik jy net boy…”

Ons land in Maputo nadat ons ‘n wye draai oor die hawe gegooi het. Baie pragtige skepe in die baai. Hoe laer jy vlieg hoe meer kom jy agter dis meestal (amper uitsluitlik) ‘duikbote’ wat die Porra’s hier gelos het. “Floata today, notta floata tomorrow.”

Die lughawe is worst case scenario. Ek sal ‘n kort rundown gee vir indruk. Die trappies is pre-colonial meranti met ernstige wear rondom die handrails. Ons praat nou van die trappies om uit die vliegtuig uit te klim. Dis HOUT! Staal het in 1954 ingekom. As hulle ‘n ander vliegtuig model kry slaan hulle ‘n paar pine trappe by. Dis hier waar ek my favourite stelling geleer het.
AWA. Africa Wins Again.

In Mosambiek vind ons die beste ontruimingsgids in Afrika. As jy die Duitsers sien trek is dit te vroeg. As jy die Jode sien trek is dit die regte tyd. As jy die Porras sien trek is dit te laat.

Ons stap oor die tarmac na die terminus toe. Ek tel 34 x AK-47ks. 10 op die vlae (hulle het ‘n full automatic weapon of death op hulle landsvlag) en die ander twee dosyn op die weermag welcoming party. Ek verwag om met ‘n Makarov pistool ge-issue te word as deel van die toeriste verwelkomings pakkie. Hulle skuif die trappies na die buik van die vliegtuig toe. Jy sien dit deur die ontoemaakbare deur tussen die arrivals ‘lounge’ en die vliegtuig. 42 AK’s en counting. Joao en Goncalo dra dan die tasse een vir een af en gee hulle vir Pedro en Christiano wat die 100 tree in die tropiese son oor die alfalt stap. Dan begin die ritueel.
Maputo Aerodromo Internacional het ‘n luggage carousel. Hy was te swaar vir die Porras om saam te vat toe hulle oor die grens gevlug het. Laat ons dit los by; Die carousel is uit sy maintenance plan uit. Lankal.
Die ding is seker 50 meter lank, waarvan omtrent 15 meter nog die krokkedil blaaie het en werk. Jy kyk deur die masjien na die kaal grond onder hom. Geen grappies nie! Lank terug het die tasse dan van onder in die maag van die lughawe gekom en rondtes gedoen tot iemand hulle optel. Mosambiek is wereld-leiers in reverse-automation en vandag doen Pedro en Christiano die werk van 20 masjiene.
Hier volg die reine waarheid. Hulle stap dan verby jou (met jou tas) en wag dat ‘n werkende stuk van die krokkedil verbykom om die tas op te sit. AWA. Die ritueel werk al 30 jaar so, en procedures is procedures.

Toe ek die ander dag daar aankom met ‘n klient sien ek Wi Chiet Yu Memorial lughawe het nou die ander een vervang. Splinternuut en wereldklas. Pedro en Christiano is seker nou werkloos…

Doeane is ‘n breeze want die mense vir wie ek werk gee 30% van die land se belasting. DONE.

Buite is dit ‘n elegante samevloeisel van Khayalitsha, Kinshasha, slaggate en een lang, groot unstructured refuse dump. Na die burgeroorlog het hulle met niks begin nie, en hulle het nog meeste van dit oor na 16 jaar.
Ek het laasmaand weer deur Maputo gery. 15 jaar na my eerste besoek het die Prados nog steeds staal raampies om hulle kopligte sodat dit nie gesteel kan word nie. Bakkies het steeds hulle registrasienommers teen die deur vasge-poprivet sodat iemand die bakkie nie kan sky en die nommerplaat vervang nie.
Tensy jy ‘n diplomaat of konsultant is wat daarheen MOET, MOET gaan bly weg. Dit is ‘n septiese sweer op een van die mooiste lande in die wereld. Maputo, en die Renamo Garcia / Komatipoort grenspos moet ten alle koste vermy word. Toe George Bush (Die jonger een, met die lae mental ability) die lande van die Axis of Evil opgestel het was dit duidelik al sy advisors vlieg in Mosambiek in, en hoef nie deur Komatipoort te gaan nie, anders was hulle ook op die lys. Almal aan die Mosambiek kant is korrup, van die ‘gidse’ tot die geldruilers tot die soldate. Hoe hoer jou rang hoe hoer die kickbacks. Dit is ‘n massiewe racket en ‘n vinnige blik na die werklike siel van Afrika.

Ek weet dit lyk moerse cool op die brosjures om in die Polana Hotel te gaan bly en vir ‘n “romantic weekend breakaway” te gaan. Dit is soos om na Gorillas in the Mist te kyk en te dink dis advisable om na Oos Kongo toe te gaan.

My advies is om of deur die wildtuin te gaan (meer in die volgende post) of Inhambane of Beira toe te vlieg. ‘n ander opsie is deur Swaziland te ry en by Mahamba deur te gaan. Jy kom dan 40km van Maputo uit.

Mosambiek is fantasties, maar Maputo is schocking. Moenie Maputo toelaat om ‘n donker kombers oor jou dunk van die wonderlike land te gooi nie!

 
2 Comments

Bygedra deur op Junie 26, 2011 in Uncategorized

 

Is dit alles verby?

Tensy jy wild in die wind loop
(of baie tyd op concrete pavements stap)
los jy ‘n spoor

Die temptasie van terugkyk
vat partykeer oor
tot waar agtertoe
‘n gooidoek om jou toekoms toor

jy soek die spoor waar jy op varsity
agter die bome
tussen jou vriende
kon werk aan jou drome

jou lyf is ‘n rots
en tyd is jou maat
en jy dans in ‘n dans
waar niks jou kan skaad

Dan stap jy agter jou kind by die operasiesaal uit
klein operasie (tande)
maar jy voel in jou kop en die beef van jou hande
dat dinge verby is

Jy kan nie lekker uitwerk waar dit verby was
en waneer perfek wit en perfek swart
perfekte geluk of perfekte smart
perfekte grys geword het nie.

Op die spoor sien jy waar jy misgetrap het
en waar jy omgestamp is
en waar jy dink dit begin het
dat jou lewe gekamp is

Ander probleme (op die trappe voor ‘n bank,
vriende se siek kinders, vriende wat skuif
druk
begin al hoe meer aan jou pantserjas ruk

Tot jy agterkom jy dra nie ‘n pantserjas nie, en niemand dra ‘n pantserjas nie, en niemand is immuun teen teespoed nie, en niemand is puik nie, en as dit sleg gaan help dit nie om iemand te ontwyk nie, want hoe meer jy deel word van mense en hoe meer jy deel hoe meer vervaag jou ou spore
maar hoe duideliker raak jou rigting

 
3 Comments

Bygedra deur op Junie 23, 2011 in Uncategorized

 

Vitamien S

Sport is kompeterend. Almal wil wen. Wen is nie altyd wie die vinnigste hardloop of die hoogste spring nie. (Wen is partykeer wie die mooiste boobs het…Anna Kornikova is a case in point). Wen is ook partykeer wie die meeste vir Bermuda or Nepal se sokkerhoof kan gee om vir hulle die World Cup te gee.

Lance Armstrong het vandag vir 60 Minutes gese hulle moet verskoning vra omdat hulle hom ‘n cheat genoem het. WOW!

Dude!, 4 (VIER) van jou spanmaats het langs jou gesit terwyl jy gespuit het en vir almal dit vertel.

Dit pla my nie regtig of Lance gespuit het nie, want daar was 100 (EEN HONDERD!!!) sakke bloed in Operation Puerto gekry. Almal spuit, insluitend Contador, die hele Astana span, Riis, almal in die 80′s, die hele US Postal span van Livestrong Armstrong. Die dokter wie se kamers dit was het $48,000 by Tyler Hamilton gekry (Spanmaat van Lance wat nou skoon gekom het) en $7,000 by Andy Schleck wat laasjaar tweede in die Tour de France was. Schleck reken hy het hom betaal, maar nie vir steroids of bloedoortappings nie. Sure Andy! Sure!
Amper soos ‘Ek rook, maar ek trek nie in nie,’ of ‘ons slaap saam, maar ons raak nie aan mekaar nie pa.’

O Ja, vir al die puriste van ‘The Beautiful Game…”. Daar was ook files vir Barcelona FC en Real Madrid.

Ek like dit dat almal weet wat aangaan. Daar was 1,000 vials Anaboliese steroids in die kamers waar die bloed gekry is. Niemand is skuldig bevind vir anaboliese steroids nie. Dit wys daar is maniere om die steroids te mask. Hulle kan MORE OGGEND die ryers dwing om DNA toetse te ondergaan om uit te vind wie se bloed almal daar was, maar hulle doen dit nie. Die rede is; AS ONS TOETS, GAAN DAAR NIEMAND WEES OM VOLGENDE MAAND IN DIE TOUR DE FRANCE TE RY NIE. Die enigste ouens wat gaan ry is die ouens wat by ‘n ander lab gespuit het.

Hier is wat ek vir Lance ‘I am the most tested athlete in history’ te se het. Jy en jou tjommies het almal gespuit. Julle het ‘n manier gekry om dit weg te steek, net soos Marion ‘I run this fast naturally’ Jones dit weggesteek het in Balco. Wanneer jy eendag gevang word gaan dit die mees embarrassing oomblik in jou lewe wees.

Hier is waar dit ‘n groot probleem raak vir my.  Daar is 15 ouens in ‘n Springbokspan. Ek impliseer glad-nie dat die mense wat hier genoem word steroids gebruik het nie!

Ruben Kruger is DOOD

Wium Basson is DOOD

Andre Venter is verlam

Joost is dodelik siek

Krynauw Otto was een tackle weg van dood af na hy brein probleme opgedoen het

Pierre Spies het ERNSTIGE longprobleme opgedoen.

Is 6 uit 100 Springbokke in daardie tyd so aangetas word normaal? Ons tel nie gebreekte bene, nekke, kniee ens nie. Ons tel net goed wat moontlik verbind kon word aan nutrition en bymiddels. Dit is MYLE bo die gemiddelde.

Sondag lees ons kinders by meeste top skole gebruik steroides vir sport.

Is Rugby so gevaarlik dat dit verban moet word, of is daar ‘n ernstige langtermyn probleem met die goed wat vir ons jong manne ingegee word?

 
 

Malema en Verwoerd

30 jaar van nou af, net soos vandag, gaan kinders vir hulle ouers vra wat hulle gedink het!

Ek het vir my pa gevra hoe dit moontlik is dat hulle kon stem vir iemand wat hulle verbied het om saam met ander rasse te bid. Afrikaanse mense het vir Verwoerd gestem nes Duitsers vir Hitler gestem het. Dit is euwel, en geen Ultra-Regse moet vir my se daar is ‘n hemel vir swart en ‘n hemel vir wit nie.

Ek soek Suid Afrika nes hy is, maar met ‘n baie goeie skool- en opleidingsstelsel om stelselmatig die probleme van ons verlede af te breek. Swart mense was nie geletterd en het toe ongeletterd geword as gevolg van Apartheid nie. Hulle was nie gelukkig, veilig en gesond en het toe ongelukkig, ruuf en siek geword as gevolg van Apartheid nie. Daar was geen grondregte, grondwet, wette, hospitale, opvoeding of paaie nie. Afrika was Afrika, en Suid Afrika was nie een of ander spesiale inham van vreedsame Utopia soos mense ons wil wysmaak nie.

MAAR

Apartheid was ‘n euwel en stomp mes om ‘n reuse probleem mee op te los. Daar is baie voorbeelde van suksesvolle kolonies (Mauritius, Martinique, Bahamas, Maleisie, Singapore, Bermuda, Antigua, Hong Kong, Sri Lanka) waar die inheemse mense welkom voel en waar geleenthede gebied is. Ons kon meer gedoen het met die geld wat ons gehad het om opleiding en ontwikkeling aan te help.

Malema en Verwoerd is twee kante van dieselfde radikale muntstuk.

Vandag pluk ons die vrugte van swak onderwys en opleiding. Malema is die produk van sistemiese onderdrukking en ‘n jeug wat geen uitkoms het nie. Is dit ons skuld dat die jeug ongeletterd en hopeloos is? NEE. Dit is die skuld van patetiese bestuur van die ANC regering.

Is dit ons skuld dat daar nie meer voices of reason onder die ouer garde is nie? JA! Sonder ‘n voice of reason is die grond geploeg vir ‘n bobbejaan soos Malema om te gedy. Mense het nie hoop nie en ons het nie ‘n Mandela wat ons hierdie keer sal uitbail nie.

 

 

 
10 Comments

Bygedra deur op Junie 20, 2011 in Politiek

 

Ons gaan drag in Newlands

Deel 3 van die reine waarheid reeks

Ek kuier op die plot. By Theo. Die plot is langs die highway. Eintlik is dit 99% van die tyd ‘n highway, die res van die tyd is dit ‘n semi-private strip vir Jannie’s Nitrous Speedsport.

Jannie (Theo se broer) is ‘n rough diamond. Ek dink nie hyself wil gepolish raak nie en en hy like sy lewe nes hy is. Jannie’s het 3 werknemers. Jannie is die owner-driver, Kleinjan is tans die senior kakmaker en bestuurder van die gearbox en freeflow departement en Innocent Nevhitsa is die bestuurder van die “Manual Sanding of vehicles for respray” departement. Ten tye van die storie was Kleinjan seker 5, maar sy lewenslyn was klaar met die plot verweef. As ‘n lighty op 5 al ghries onder sy naels het help dit nie om die natuur te fight nie. Saam vat hulle regtig ou karre (soos Volkswagen bakkies, 1985 Ford Escorts, Sierras en Nissan 1400 Champ bakkies) en maak hulle baie warm.
Jannie spesialiseer in spoed. Hy is 5’4 en het ‘n kort fuse. Ander ouens spesialiseer in handling, suspension, brieke en safety equipment. Jannie weet daar is sulke ouens maar hy ken hulle nie. Jannie se karre is net vinnig.

As JNS ‘n nuwe prototype het trek ons almal die draad tuinstoele van die stoep af en gaan sit langs die huis op die hoogtetjie. Dit is ‘n genuine plot stoep, kompleet met die Meksikaner onder die palmboom, die donkie en die drie eende. Ons sit op daai common witgeverfde stoele wat lyk of dit van hoenderhokdraad gemaak is en vierkantjies op jou bene los as jy opstaan.

Dis nie ‘n wet of iets nie, maar Jannie like dit om 10 uur op ‘n Saterdag te gaan toets. Daar is nie baie traffic nie en jy kan die laaste draai by 14de laan lekker wyd vat en wild vinnig wees terwyl jy nog op die offramp is. Eintlik cheat hy, want van 14de laan af is dit amper heelpad afdraande tot by DF Malan waar hy weer afklim. As hy met ‘n bike ry trek hy Gypsies aan (vir beskerming om die enkels), sy World Gym vessie (die een met die gorilla wat die weights optel en buig) en ‘n Judron rugbybroek van sy dae in John Orr Tech se derde span haker. Hy reken dit sal hom instaatstel om die 250+ wat hy nou gaan doen te trotseer. Mastery kom as jy die kar in sy hoogste rat uit rev’s uit laat hardloop. Dan weet jy jy kan nie meer vinniger gaan nie, afdraand of nie.

Jannie was op skool al vinning. Sy 50cc was baie vinniger as enige ander ‘fifty’ in die skool (onthou dat ons praat van John Orr Tech. Die ou met die vinnigste 50 was belangrikker as die eerstespan rugbykaptein). Dan is jy die master-tuner in ‘n skool waar tuning geleer word. Insiders het geweet dat die 50 net ‘n badge was en dat Jannie se 50 eintlik ‘n 100 Suzuki motor ingehad het. Eintlik het die ander outjies nie regtig ‘n kans gehad nie, maar ‘look at the scoreboard.’

As mens op daai hoogtetjie sit weet jy waneer hy naby is. Die hele ambiance van die highway verander. Dit begin ver al dreun en dan, in 3 of 4 sekondes flits hy en dan is dit verby. As hy in ‘n kar is waai hy gewoonlik (dit is vir my in gevaar terme meer death-defying as ‘n Grand Canyon trapese artists sonder nette.) Ek was in ‘n paar van daai karre en (to put it mildly) handling is nie hulle strong suit nie.

Jannie se Escort het running boards op. Running boards is die trappies waarop die gangsters in die Al Capone movies langs die kar staan en skiet terwyl hulle aan die dak vashou met die ander hand. 1600 Escorts het natuurlik nie met running boards uitgekom nie (ook nie met 2 X 3 liter carburettors, turbo-boost nitrous oxide, free-flow exhaust en geskimde heads nie.) Running boards is baie, baie belangrik, want Saterdae by die drags op Tarlton staan twee cherries in bikini’s met vlae op die runningboards by die parade-lap. As jy nie running boards het nie staan hulle op ‘n ander kar en vang die ander ou die shine.
Een van die girls is van ‘n lube plek (ek dink dis Castrol, maar ek is seker dis nie KY nie. As dit KY was sou ek onthou het. Sien ‘Ek sien my gat blog’ vir die rede…) en die ander een is gewoonlik Judie Nel. Judie staan al 20 jaar met die vlae. Sy is ‘n Peg van ‘Married with Children’ lookalike. Sy laaik kwaai dat die ouens vir haar kyk en sy werk hard om haar lyf in shape te hou. Sy dra platform high-heels, ‘n Amerikaanse vlag bikini en ‘n moerse honeycomb hairdo, nes die fantastiese aand in 1976 toe sy haar man in die pits ontmoet het. Natuurlik terg en flirt sy die hele pad met die main straight af tot waar hulle die wenstreep disco-ligte aan en af sit as sy deurkom. Haar man staan langs die tarmac en maak lewd catcalls as sy verbykom. Dit is die hoogtepunt van haar week. Haar headlights is al bietjie op dim, maar verder is die chassis nog lekker. Sy het al werk laat doen om die deurswaai in die States-vlag strap-bikini meer prominent te maak. The results are there for all to see.

Maar ons is nie nou op Tarlton nie en die storie moet aangaan. Jannie se Escort het running boards. Die huisfoon lui (die dae voor selfone). Tannie Corrie roep vir Jannie net na hy terugkom en Jannie se bird hom ‘n lekker soen gegee het. Hy kom uit die huis uit. ‘Dis Hannes van Westonarea. Hy wil ‘n Private by Americanos he. Kom ons klim.’ Ek, Theo, Kleinjan (5) en Jannie klim in die Escort in. Die agterste seats is uit om gewig te spaar. Ek en Kleinjan sit op die kaal yster en kyk deur die nut-gaatjies deur tot op die grasperk. Ek like spoed NIKS, maar ek wil nie in my onskuldigheid alleen by die huis bly met Theo se susters nie…

Die plot se ‘driveway’ is omtrent 500 meter lank en maak ‘n krom om die kerk se grond. Dis my eerste keer in die Escort. Jannie start hom onder met drade want die sleutel starter is moeg. Dan spring daar lewe in die dier in en Jannie begin hom rev.
Wat hierna volg is die reine waarheid, en moet eintlik gesien word om te glo. Die Escort is van die eerstes om in die baie vroee ’80′s die lig te sien. Die rev-counter vir normale mense eindig by 6,000 (waar die rooi begin) en mens kan sien tot by 8,000 waar die rooi streep dik en gevaarlik sit. In Jannie se kar eindig die rev-counter by 0. Die nul het ‘n pennetjie waarteen die wysertjie leun as jy die kar afsit. Jannie rev hom verby (normale) 6,000, verby (totaal abnormale) 8,000, verby die blank spasie waar Made in the United Kingdom staan tot die counter VAN DIE VERKEERDE KANT AF teen die pennetjie bots. Die rev counter doen ‘n volle 360 grade om die dial, en toe los hy die clutch en spring ons weg. Wegspring word eers voorgeloop met ‘n reuse bol stof terwyl die tyres probeer vastrap. Ons is nog in die yard toe doen ons al 60. Toe ons die eerste draai verby die kerk vang sien ek die langbome onheilspellend regs van my staan. Jannie druk die knoppie vir die nitrous oxide turbo boost. 0 revs. Knight Rider en KITT het fokol op daai turbo-boost nie en Jannie sukkel om die monster op die pad te hou. Dis toe dat Kleinjan (5) besluit hy weier om sonder sy helmet te ry. Hy staan wankelrig op en gryp die koprus agter sy pa vas. In sy ongelukkigheid begin hy sy hande oor sy pa se gesig en oe vryf. Jannie fight met sy een hand die Escort en met die ander hand om visuele oorlewing. Eintlik wil ek help maar my vingers is vasgesweis aan die rollcage wat Jannie ingebou het. Soos ek se, ek like spoed niks.

Jannie kry vir Kleinjan van hom afgefight en ons is op pad. Ons ry opdraand met die highway na Gordon weg toe en draai af in Ontdekkers-weg. Vir die mense wat nie Ontdekkers ken nie dit is die pad van Joburg sentraal naby RAU tot by Randfontein. Dit is 30 km van tappet. In die ou dae was daar goudmyne langs die pad af en die blue-collar myners was die common denominator. Groot klem op common. Ontdekkers het per kilometer die meeste karavaan outlets en Ford dealerships in die wereld.

Indien Ontdekkers die koninkryk van die trens is, is Americanos Roadhouse die hoof paleis. Dit is ‘n plek van pilgramage vir turfjakkalse van regoor die wereld. Ons date met destiny is by Americanos. Voor Americanos is twee robotte in sigafstand. Hulle is PRESIES 400 meter uitmekaar uit. ‘n quarter mile. Die patrons vat dit as ‘n teken dat die stadsvaders dit bestem het dat hulle daar moet drag.

Ons kom net voor die opposisie by Americanos aan. Hulle stop in ‘n Dolphin shape BMW 330 met ‘n dropped suspension. Pers nightglow gespray. Hierdie ou het geen behoefte om incognito te operate nie. Cordiality volg handdrukke en kort gesprekke oor ditjies en datjies. Spanning bou. Daar is niemand op Ontdekkers nie, so ons kan lekker ry. Almal klim in en die aksie begin.

Hier is die presiese reine waarheid weergawe van die gebeure wat volg.

Ons park halfpad met die quartermile af in die linker baan. Ek verwag ons gaan om die blok ry na die wegspringplek toe. How wrong I was! Jannie wag dat die lig rooi raak by die wegspringplek en gooi die kar in reverse. Ons probeer die landspoedrekord in reverse breek op pad na die starting line toe. Toe ons omtrent 50 meter weg is slaan die lig groen. Ons hardloop uit rev’s uit in reverse. Ons reverse deur die wegspringplek robot op top spoed. Toe gooi Jannie hom in eerste (terwyl ons nog maksimum in reverse doen). Die kar weet nie wat om te doen nie en die agterwiele spring LETTERLIK op en af soos ‘n perd wat ‘n slegte ruiter wil afgooi. ‘You gotta look good first,’ is die goue reel van drag-racing, maar sekerlik kan niemand sien hoe goed ons lyk deur hierdie bol rook nie. Skielik bars die hel los. Iets onder in die kar ontplof met ‘n moerse geraas. Die kar hou op spring en Jannie skakel af. Ons het omtrent tot 20 meter van die wegspringlyn af gebokspring toe die gearbox die gees gee. Ongelukkig nie die hele ‘box nie, net derde en vyfde. Ons kan nou change van reverse na eerste, eerste na tweede, tweede na vierde en dan nie weer nie (of miskien weer reverse toe as ons moet…)

Hannes trek langs ons in. Die getinte ruite is afgedraai en sy vriend se arm is oor die deur met ‘n skyf. ‘Is julle orraait?’ vra hy onnodig. Jannie kla sy gear-change is so styf soos ‘n honeymoon piel, maar ons kan traai.

Die resies self was bietjie van ‘n antiklimaks. Ons was gelyk in eerste tot by 0 revs, effens voor in tweede tot by 0 revs maar toe ons derde skip en vierde haak trek die BMW onder ons uit en breek die lyn voor ons.

‘Ek sal hom maklik by Tarlton vat’ mompel Jannie moedeloos terwyl ons huis toe sukkel. ‘Ja, ten minste mag mens daar nie reverse nie…’

 
 

Ek klim uit die kas uit

Die reine waarheid. Elke woord.

Ek het aan allerhande maniere gedink om hierdie storie te vertel sonder om in ‘n vlak graf te beland. Ek sal begin deur die karakterverdeling te bespreek sodat almal die angs mooi verstaan:

Hoofkarakter: Ek. (As jy die hoofkarakter wil wees skryf jou eie blog. Tot dan toe is ek die baas)

Assistent hoofkarakter: Theo. Lewenslange vriend en my ongevraagte kontak na die vuil onderkant van die samelewing. Theo ry ten tye van die gebeure (lisensieloos) ‘n 1400 Nissan bakkie (lisensieloos) waar die chassis en die nommerplaat nie match nie. Daar is net een plot in ons woonbuurt. ‘Destiny dealt Theo a cruel hand’, en hulle is die enigste maplotters in die dorp. Dit is ‘n titel en leefwyse wat sy broer ondersteun en ten volle nastreef. Enough said…

Gangster 1. Ferdi Barnard: Sit jy…? Nie HIN Ferdi Barnard nie, DIE Ferdi Barnard. Ferdi was met Theo se niggie getroud. Hulle het geskei toe hy tronk toe is (Nie C-Max nie, die eerste keer). Sy het altyd ‘n soft-spot vir hom gehad en hy het daar gekuier. Ferdi is 6 voet 5 en 250 pond.

Milieu: Maryna se huis. Maryna is Theo se niggie. Sy het Ferdi geskei en toe met ‘n ou getrou wat ‘legally illegal’ casino’s bedryf het. As deel van die settlement het sy ‘n huis met ‘n full-size snooker tafel, binneshuise swembad en M-NET (Baie belangrik vir die storie…M-NET) gekry.

Gangster 2. Die hoof van die Boere Mafia. Ferdi se buddy. Ek het sy naam vergeet maar hy was oor die algemeen bad news. Hy is later doodgeskiet toe (soos Ferdi dit gestel het) hy “net oor ‘n muur gespring het. Se my, miskien weet jy, wie skiet ‘n ou as hy net oor ‘n muur spring…”. Hang alles af watter muur dit was dude, want dit maak ‘n verskil.

Chief protagonist. Phildo Steyn. Phildo het 45 onderskeidings in matriek gekry, ‘n CA gemaak en toe geskiedenis geswot en ‘n professor geword. Op naweke doen hy John Lennon impersonations. Die ronde brilletjies help, en die wintermuskiet bodyshape ook.

Desmond Tutu. Nie in persoon nie, maar hy was hoof van die Truth en Reconciliation Commission en hulle wou die Truth by Ferdi he. Ek dink nie hulle was so gretig op die hele Reconciliation deel met hom nie. Ferdi was nie die reconcile tipe nie.

Die storie begin op ‘n wintersoggend in 1995 of 1994. Saterdag. WP speel Transvaal. Op M-NET.
Ek het ‘n 1982 Mazda 323 Hatch (geel). Ek is baie opgewonde want my ouers is op vakansie en ek is alleen by die huis. Ek bel Theo op die landlyn (geen selfone daai tyd nie pappa!) en ons organise ‘n get together by Maryna se huis. So gese en so gedaan. 12:00 slaan ek daar uit vir die braai en die middag se rugby. Theo staan buite. Hy het daai “wat ookal verkeerd is, dis niks kleins nie” look in sy oe. Op sy kop het hy ‘n mou van ‘n rugbytrui oopgerek en ‘n beanie gemaak. Nie ‘n mooi eenkleur rooi of navy wat dit net ‘n semblance of respectability kom gee nie, nee. Een of ander Barbarians Harlequins span met groen, rooi, blou, pers, geel en wit strepe. (Refer to point 3 on plots…). Later die aand, toe ek baie tyd gehad het om te dink het ek my verbeel dit was amper soos ‘n Gay Pride vlag, maar Theo don’t roll that way.
Die garage staan oop. Maryna se Sentra en Suzuki Ninja (!) staan binne. Daar is ook ‘n army trommel (staal boks vir die chicks en draft dodgers). Theo reken ‘It’s not a good time to visit. At all.’ Hy rol sy oe op in die pad.
Ek sien niks.
Net ‘n Telkom van met blanke dude teen die paal besig met maintenance.

Die blanke ou moes dit weggegee het. ‘n Boer maak ‘n plan, maar gewoonlik doen die bantu die werk. Die tweede ding wat ek later dink is dat as WP teen Transvaal op Ellispark speel is ELKE LIEWE BLANKE telephone technician in die Langlaagte depot by die game. Almal skree vir Transvaal want hulle weet nie van beter nie. Van hulle pa’s het hulle vir ‘n beach-holiday gevat by Wild Waters in Boksburg. Dan bly hulle by die Jan Smuts Holiday Inn, want dis binne stapafstand na die strand toe. Jy moet net oor Runway Charlie 3 kom, dan’s jy daar. Hulle het ‘n dress code gehad by Wild Waters wat tot vandag toe Vernon Koekemoer se wardrobe decisions guide. Laat ons net se meeste van die manne was “best dressed in the low price category…” But I digress.

Die fokus van die rol oe word duidelik die inconspicuous Telkom van. Dit is die probleem. Gewoonlik was Theo se probleme rondom sieknotas vir werk gebou. En watter yster om op die par 3 twaalfde te slaan. Gewoonlik was hierdie probleme op dieselfde dag. Ek skraap hulle van die lys af want dis Saterdag. ‘Dis die TRC’ deel hy my mee. “Telkom Repair Crew?” vra ek verbaas.
‘Truth and Reconstruction Commission.’ Sy presiese woorde in die dae van Reconstruction and Development Commissions. ‘n goeie begrip en halwe woorde en alles…

“OK, dude, maar dit was net ‘n sicknote. Erken jy het kak aangejaag toe jy die ding geforge het en laat hulle weggaan. Ek het jou gese jy moet dit nie 5 dae maak nie en ek het jou gese daar is nie ‘n siekte soos Pimpernelkoors (erg aansteeklik) nie! Die game begin 3-uur en ons moet nog braai en ‘n paar pyle gooi voor die tyd. Vir spangees”

“Hulle soek vir Ferdi.” The penny drops.

Almal soek vir Ferdi. Hy het ‘n paar myners in die Wes Transvaal afgemaai, maar hulle soek hom veral oor die moord op Webster en sy werk by VLAK-(graf)-PLAAS. Ferdi, Eugene de Kock en Calla Botha. Ek reken die Nigerians soek hom, die myners se chommies soek hom en elkeen van die duisende dudes wat hy al sleg hanteer het soek hom. Die TRC sal in die ry moet staan.

Die stilte laat die erns insink. Ek klim weer in my Mazda 323 1.6 geel hatch. Ek sit vir nog 5 minute in die driveway want mens moet 10 minute wag as hy gaan staan om af te koel.

OK, hierdie kak is obviously Ferdi se kak en ek wil op geen manier daarmee betrokke raak nie. I will just mosey on outa here en maar die rugby iewers anders gaan kyk. Toe ek uitdraai begin die dude op die paal vir Bravo 7 roep op sy Walkie Talkie. Soos ek gese het, geen selfone nie.

Ek draai by Constantiakloof uit en toe kry ek die tweede Telkom van. Agter my by die robot. Blanke drywer en blanke co-driver. Wanneer blanke mense by staatsinstellings werk is two-a-crowd. Dis soos as Kortbroek en Derek Hanekom langs mekaar sit by ‘n ANC vergadering. It just don’t look right. Hulle kan meer doen om nie fake te lyk nie. Die twee ouens in die bakkie ook.

Dit raak ‘n speletjie van kat-en-muis deur Weltevredenpark. Ek wens ek kon se dit was ‘n spy-movie tipe high speed chase maar elke ou wat in die army, polisie of Telkom was weet daai bakkies kry valve-bounce by 3,000 revs en sukkel om verby 100 te kom. My kar was in 1983 ‘n hot-hatch, maar nou is dit net ‘n hatch wat ‘n nuwe paintjob broodnodig het.

Ons charge deur die tonnel onderdeur die highway en uit in Fairland teen ten minste 80 km/h. It felt a whole lot faster, miskien omdat my brieke net ‘n 50 km/h proven rating gehad het en die stuurwiel ook bietjie los was.

Ek jaag verby die poeliesstasie want tans is ek ‘n voortvlugtige van die gereg hier agter my. Hindsight is 20/20, maar ek moes seker by die poliesstasie gestop het. Later, toe ek tyd gehad het, het ek begin wonder of dit nie dalk die myners of die Nigerians was nie. Ek dink nie dit was die Nigerians nie.

Ek doen die sneaky move deur Neale Singel om hulle te try drop. Toe ek by die driveway inry gooi ek ‘n broadside agter die advokadopeerboom in sodat hulle my nie van die pad af kan sien nie. Ek spring uit en dodge deur die hekkie, om die huis na die agterdeur toe. Natuurlik so onskuldig soos kan wees, maar daai tyd dink jy nie aan goed soos skuldig en onskuldig nie. Al waaraan jy dink is dat as hulle jou nou vang en stasie toe vat vir ondervraging gaan jy die hele game mis. Dit was die dae voor PVR dude. Ons praat hier BetaMax tapes. Plus jy weet nie lekker of hulle jou stasie toe, Vlakplaas toe, die kleims by Bloemhof of Lagos toe wil vat nie. Theo reken hulle is TRC, but I want a reliable source first. Ek spring by die kantdeur op die potplant en op die plat dakkie oor die ingangsportaal. Ek sal net hier wag om te kyk wat aangaan. Ek kan deur die boom die parkie en pad sien en kan groot moves oor die dak maak as dit moet. Ek loer om die facia onder die dakkap uit. My fokus is Sean Connery. Wees die spioen. Word een met jou facebrick muur en een met jou Velvaglow faciabord.

As ek nooit weer ‘n Telkom van in my lewe sien nie sal dit te gou wees. Ek sal my pa se. As die telefoon weer breek hoef hulle dit nie reg te maak nie. Fok dit, ons sal poskantoor toe gaan en telegramme stuur. My ma kan Sondae haar familie van die tiekiebox voor die Spar bel. Lucifer self ry daai van, en ek weet daars iets diep duiwels want geen mens kan ‘n 1800 Nissan Hardbody so ry sonder dat hy ontplof nie.

Niemand. Dis stil. Ek sit so ‘n halfuur op die dak tot ek weet niemand is meer daar nie. Lekker in die wintersonnetjie soos ‘n dassie. Salig.

Ek spring af en sluit die glasdeur oop. Pa het ‘n biltong stash gelos in die TV kamer. Eintlik vergeet. Ek gaan haal ‘n paar stukke en gryp iets om te drink. Die pre-game begin al amper. Francois Pienaar lei die Leeus op die veld waar Tiaan Strauss se WP klaar wag. Die game is ‘n bloedbad met almal wat in mekaar invlieg. Ek kan nie regtig onthou wie gewen het nie.

Ek bel vir Lood en vra of ek by hom kan kom crash. Hy reken hy en ‘n paar van die ander boys is by ‘n party en hulle kom eers laat terug.

Net voor 6 gaan haal ek nog biltong. Toe ek deur die venster kyk sien ek die Telkom Van. Ek weet nie hoe hulle my gekry het nie. Ek het al gewonder, veral later daai aand toe ek baie tyd gehad het. Miskien het die stoomgeyser wat by my moeg Mazda uitgepeul het hulle gelei. Miskien die broady strepe in die pad toe ek die handbrake turn in ons driveway ingegooi het. Miskien het die briekblokke nogsteeds gegloei en hulle kon dit sien toe dit nag word. Hoe dit ook al sy, hier is hulle nou. Dis nou wat mens begin worry. As dit 8 uur op ‘n weeksdag was ek het vir hulle koffie gevat en die saak uitgepraat. Nou is dit donker, koud, ek’s alleen en ek weet nie wie dit is nie. Dit maak dit moeilik. Ek skakel die ligte af en sit in die voorkamer, wagtend op wie weet wat.

Die telefoon sny die stilte in die huis in twee. Die hadedas wat voor die voordeur slaap vlieg op met ‘n moerse commotion en verbreek die laaste gemaklikheid wat oorgebly het.

“As ‘n hadeda oor jou huis vlieg en sy angsroep oor die vallei gee weet jy dat iemand gaan sterf. Dit is dan wat die wolf uit sy skuilplek kom as antwoord op die roep.” Wolwedans in die skemer raak ‘n siek realiteit waar ek vreesbevange na die foon toe sluip.

‘St Mary’s Mortuary, who are you looking for?’ Old habits die hard en ek antwoord die foon al jare so.
“Jy beter versigtig wees. Ons weet waar jy bly en ons weet wat jy doen.”

Ek wil onmiddelik na my kamer toe storm en die Scope Magazine onder my bed gaan weggooi. As my ma daai ding kry sit ek voor die einde van die week in die konsestorie vir berading by die predikant. Dit is nie nou die tyd vir Saterdag berading en duiwel uitdrywings en soortglyke aksies nie. Ek is ook nogal bang my ma begin Jordaanwater invoer om in my kamer te strooi.

“Jy beter BAIE versigtig wees.” Die laaste deel was bietjie bone-chilling, veral as dit saam met die hadeda se angsroep as geheel gesien word.

Ek staan in die voorportaal en stress. Nou is dit nie meer snaaks nie. Waar is hulle? Kyk hulle vir my uit die tuin uit?

Ek glip teen die muur kombuis toe. Ons huis was bietjie anti-violence, so daar was nie wapens in ‘n kluis nie. Behalwe die vleismesse van Brasilie in die kombuis laaie. Ek kruip onder venstervlak die kombuis binne en skuif die laai oop. Dis hierdie tyd wat jy wens jy het sirkus toe elope en geleer om ‘n mesgooier te wees. Of 12 jaar in Tibet in die berge JinJitsu geleer. Daar is keuses wat mens maak. Ek het gekies om Wiskunde, Wetenskap, Rekeningkunde en Biologie te vat, en kyk wat help daai kak my nou. Pleks dat ek sirkus toe gegaan het, en daarna Tibet toe. Dan sou daai bliksems in die Telkom van nou op hulle moer gekry het.

Ek dink waar ek kan wag vir die aanslag. As ek die messe kon gooi, in die middel van die gang, maar ek kan nie. As ek Tibet toe gegaan het agter die ficus benjamina in die skadus versteek soos ‘n tier, reg om ‘n right-royal Jackie Chan op die donners los te laat. Toe doen ek die ding wat die normaalste is vir iemand met my vaardighede en brawade-vlak…ek vat vier messe en klim in my pa se kas. Bo in, waar die tasse gewoonlik is skuif ek ‘n paar vorentoe en kruip agter hulle in. En toe wag ek.

As mens moeg is kom slaap maklik. 2 uur daai oggend bo in daai kas is ek so moeg ek kan dit nie meer hou nie. My oe is wawyd oop van spanning en my kop speel games met my. As dit die myners is dink hulle ek is Ferdi se tjommie en kom kap my met ‘n prospekteerhammer. As dit die Nigeriers is het hulle pigmentprobleme en kom hulle my sny om Ferdi se drug geld uit my te probeer uitkry. As dit die TRC is gaan hulle my vra om lyke uit te ken wat al 10 jaar dood is. Ek like nie horror movies so kwaai nie, so I want to pass on that. So ek bly maar wakker sodat ek ten minste een of twee steke kan inkry voor hulle my opkerf en in die Telkom van ingooi om iewers te gaan dispose.

Ek raak uiteindelik in die kas aan die slaap. Dis eintlik meer soos ‘n trans want jy hoor nog die rotte in die dak hardloop en jy dink nog aan die ouens in die pad, maar tyd gaan net vinniger verby.

8 uur die volgende oggend bel Lood my om golf te organise. Ek is nog erg moeg van die min slaap toe hy my vertel hoe hulle gisteraand (bietjie erg gesuip) besluit het Phildo Steyn moet my bel en dreig. Lood het die inside track op die existing situation en Phildo het die killer instinct om die siek plan uit te voer. En ek het eers die volgende dag uit die kas uit geklim.

 
4 Comments

Bygedra deur op Junie 13, 2011 in Uncategorized

 

Die beste krieketspan ooit

Ek het laasjaar die 5 Wisden Cricketers of the Century gesien. Een Indiese dude het toe die naam van Sir Garfield Sobers uitgevee en Mahindra Singh Dhoni ingesit. (Ek begin agterkom wat hy in hom gesien het, maar dis ‘n kwessie vir ‘n ander dag).

Hier is my lys van die beste wat ek gesien het.

Virender Sehwag

Sachin Tendulkar. As Tendulkar nie wil open nie speel hy nie. Daar is nie vir hom plek in die middle order nie.

Sir Vivian Richards aka The Master Blaster

Brian Charles Lara. 500 in ‘n First Class game, 376 en 400 in ‘n toets. Sy vermoee om toetse te wen feitlik man-alleen is legendaries.

Greame Pollock. Tendulkar average 55 met ‘n helmet en in Indie. Pollock average 61 met ‘n pet op bouncy wickets.

Jacques Kallis (wat die best krieketspeler is wat ooit op die planeer aarde geloop het. The numbers don’t lie)

Adam Gilchrist. Ek wens hy het vir ons gespeel!

Shane Warne. Beter as Murali en hy BOUL actually (as opposed to GOOI). Snaakse ding is toe hy weg was was Australie se Dream Team ook weg. Meer soos Dream Warne if you ask me.

Wasim Akram. Amazing beheer, lyn,spoed, swaai. ‘n Fantastiese speler en kenners meen die beste linkerhandse bouler ooit.

Dale Steyn. Die mees destructive pace bowler in toetskrieket die afgelope 100 jaar. Hy vat ‘n paaltjie elke 36 balle in toetskrieket as dit fantasties is om ‘n paaltjie elke 50 te neem. Enough said.

Mfuneko Ngam. Hierdie is seker die beste bouler wat Suid Afrika ooit opgelewer het, maar sy loopbaan is kortgeknip deur beserings. Gemaklik oor 150km/h en dodelik akkuraat. Hy het steeds ‘n toets boul gemiddeld van onder 17. Dale boul partykeer oor 150. Mfuneko het heeltyd bo 150 geboul. Smooth, fluid en vinnig.

 

 

 

 
 
Follow

Get every new post delivered to your Inbox.